Barend & Monique Swart

STORIE:


Ek dink ek praat vir elke meisie as ek sê n mense se trou dag is die eendag waaroor mense droom van kleins af, en ek was geen uitsondering. Ek kon letterlik nie wag vir die dag wat Barend my vra om te trou nie, ek het van die begin af geweet hy is DIE een… Min het ek besef nèt hoe spesiaal en vol emosies ons spesiale dag sou wees!

Die opgewondenheid het begin ‘n maand voor ons 4 jaar herdenking. Ons was by ons gunsteling restaurant om ons herdenking te vier, soos ons elke jaar doen, toe Barend my die Ja-woord vra … en natuurlik het ek JA gesê!

Die ring was nog nuut op my vinger toe die reëlings begin het (ek dink nie Barend het geweet wat hom getref het nie ).. Ons het die trou reëlings met n “doen – dit – jouself” attitude aangedurf.

Presies ‘n jaar na ons verlowing het ek die tapyt af gestap op n lieflike sonskyn dag by die heel eerste venue waarna ons gaan kyk het. De Harte was ons droom venue en dit was “love at first sight,” ons altwee het dadelik geweet dis waar ons ons ewige liefde aan mekaar wil verklaar.

Ons trou dag was onvergeetlik, ek sou nie se dit was die rustige oggend wat ons in gedagte gehad het nie, maar met baie ondersteuning van ons liefste en naaste het ons, ons perfekte dag gehad.

Vinnig het 15:00 aangebreek, en aan my sy was my ma met trane van trots en hartseer, en voor my was Barend, my amper man ook met trane in sy oë! Soveel emosies het ons beleef in een dag… Opgewondenheid, stres, omgee, hartseer, maar grootste van als, was liefde!
Dit was verseker die dag waaroor ek gedroom het en soveel meer! Soos ek terug dink aan die spesiale dag kan ek net sê hoe ongelooflik dankbaar ons is om so wonderlike trou dag te gehad het.

Al wat ek kan sê is, die dag toe ek Mev Swart geword het, het verseker my grootste drome oortref!

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


( R 1 = 1 stem/vote )

Tik die regte bedrag in.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Type in the correct amount.  No refunds will be done.


Vir EFT betalings gebruik die onderste kode as jou verwysing:
For EFT payments use the below code as your reference: 


TVJ190418


EFT STEM OPSIES /  EFT VOTE OPTIONS:

R 50 = 50 stemme/votes
R 100 = 100 stemme/votes
R 250 = 250 stemme/votes
R 500 = 500 stemme/votes
R 1 000 = 1 000 stemme/votes

Vir EFT betalings moet jy ‘n mimum van R 50 spandeer.

BANK BESONDERHEDE:

Rekening Houer:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Rekening Tipe:  Tjek Rekening
Rekening Nommer:  62528022792
Tak:  Sea-Point
Takkode:  250-655

Gebruik die korrekte verwysing nommer soos bo.  Indien jy nie die boonste verwysings nommer gebruik nie sal die paartjie nie hul stemme ontvang nie.
Geen terugbetalings sal gedoen word nie. 

For EFT payments you should spend a minimum of R 50.

BANKING DETAILS:

Account Holder:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Account Type:  Cheque Account
Account Number:  62528022792
Branch:  Sea-Point
Branch Code:  250-655

Make sure you use the correct reference number as above.  If you do not use the above reference number the couple will not receive their votes.
No refunds will be done.

 


Vir hulp stuur ‘n e-pos na trouevandiejaar@mooitroues.co.za
For assistance, please send an e-mail to trouevandiejaar@mooitroues.co.za


 

Diensverskaffers:

  • Blomme: Fields of Colour
  • Bruidegom-pak: Woolworths & Country Road
  • Dekor: Self – Gedoen
  • Fotograaf: Nicolene Meyer Photography
  • Gaste Geskenke: Self – Gedoen
  • Grimering: MUD Studio Brooklyn
  • Hare: Monique Prinsloo
  • Huurdienste: All Things Wedding
  • Huweliksbevestiger: Johnathan Phyfer
  • Juweliersware: Lovisa
  • Trouring: Cindy’s Jewellers
  • Troukoek: Louise van der Walt
  • Musiek: Trev For (Trevor de Wet)
  • Skoene: Call it Spring