Claudia & Lourance Coetser

Fine Art Wedding and Lifestyle Photography Gauteng

STORIE:


Ons het mekaar in September 2015 ontmoet. Ek het vanaf Port Elizabeth na Centurion getrek en het geen persoon geken en ook nie eintlik iets van hierdie volksvreemde plek geweet nie. Ek is `n mense-mens, en daarom was my ma bekommerd oor die feit dat ek in my kamer gelê het en nooit enige iets gedoen het saam met enige iemand toe ek hierheen getrek het nie. Sy het hierdie besorgdheid met een van haar kollegas gedeel, wat toe aangebied het om my saam te nooi vir `n braai saam met haar vriende met die intensie dat ek nuwe mense ontmoet en moontlik nuwe vriende, min wetend ek gaan by daardie einste braai die liefde van my lewe ontmoet!

Na `n oortuigende argument van my ma se kant af, het ek besluit om saam te gaan braai. Daar is ons aan mekaar voorgestel en ek het dadelik die grootste glimlag gekry toe ek en hy gesels! My grootste bekommernis egter, was dat ek nie sy naam sal kan onthou nie! Na `n geselsie wat vir my heeltemal te kort gevoel het, soek ek weer die outjie met die glimlag wat uit sy ogies kom, maar sonder sukses. Hy was reeds stil-stil huis toe omdat hy op daardie stadium baie pyn ervaar het na `n lewensgevaarlike ongeluk waarin hy was 2 maande voor ons ontmoeting. Hy was `n maand in `n koma na dié ongeluk en het ongelukkig een van sy goeie vriende verloor in die traumatiese gebeurtenis.

Die aand in my bed probeer ek hom “Facebook stalk” (haha) om net so `n bietjie meer uit te vind oor hom, maar met geen geluk nie. Later die dag kry ek `n Facebook boodskap wat lees: “Hey Claudia, skuus ek het verdwyn gisteraand. Ek gaan vanaand half 6 kerk toe as jy wil join dan kan ons as jy wil na dit koffie gaan drink. Laat weet my asseblief”. Ek was so opgewonde!! So kom tel hy my toe op en soos hulle sê: ‘The rest is history”

Ons troue was die ongelooflikste dag.
Maar bygesê was die hele proses so heerlik en het ons soveel geniet.
Ons het van die begin af geweet watter tipe styl toue ons wou hê. Ons was `n jaar en `n half min of meer verloof vir die rede dat ons absoluut net die proses wou geniet en dat ons graag ons ouers en vriende wou deelmaak van die proses. Ons het na vele trou-uitstallings gegaan om idees te kry en ons was by verskeie trou plekke om seker te maak oor of wat ons sien ooreenstem met ons visie vir ons spesiaalste dag.
Ons het by Casablanca Manor ingestap en net geweet, HIER wil ons trou. Dit is presies wat ons wou hê: klassiek, tog modern, pragtige tuine, pragtige Kapel, Onthaalarea en om elke hoekie is daar iets nuuts en interessant wat hierdie plek vir ons pragtig gemaak het. Die finale koeël deur die kerk was die gasvryheid en warmheid van die eienaars en die personeel. Ons was mal daaroor en het dadelik bespreek! Inspirasie het ons van alle kante af getref, met verskeie idees vanaf platforms soos Pinterest en Facebook maar ook idees waaraan ons self gedink het. Ons het alles tot die beste van ons vermoë geïnkorporeer met mekaar. Dit was soos om `n groot legkaart te bou maar jou stukkies is so effe deurmekaar met nog `n legkaart wat soortgelyk lyk. Die stukkies pas miskien mooi, maar dit pas nie 100% inmekaar nie. Dan probeer `n mens weer `n ander stukkie tot jou legkaart perfek voltooi is.

Ons Ma’s was `n ongelooflike groot hulp aan ons gewees in die proses en het al ons idees gevat en baie ure en dae en weke ingesit om die verskeie items te maak en alles in hulle vermoë gedoen om ons ons droom dag te kon gee.
Ons styl was romanties, klassiek, stylvol en tydloos. Ons hoof kleure was wit, navy blou en “blush” wat `n baie ligte pienk is. Ons blomme was meestal wit met pienk blomme hier en daar vir kleur en dan groenigheid om die ligte kleure `n bietjie te breek. Ons tafelname was Musiek Genres gewees om Lourance se liefde vir musiek in te bring. Ons het ʼn groot groep wonderlike mense in ons lewe wat gelei het tot `n groot gevolg wat bestaan het uit 6 strooimeisies, 5 strooijonkers, 2 Ringdraers en 2 hofknapies. Ons strooimeisies het “blush”rokkies aangehad in `n snit van hulle keuse aangesien ons wou hê hulle moes gemaklik wees in wat hulle dra. Die mans het “navy” blou broeke en onderbaadjies aangehad met wit hemde, bruin gordels en bruin skoene. Ons het 90 hartsmense gehad wat ons troue bygewoon het. Ons voel ook baie bevoorreg om my oupa en ouma ook daar te kon hê. My oupa en my ma het my by die kansel ingestap aangesien my pa oorlede is toe ek twee was. Dus het my oupa, ouma en my ma monumentale rolle in my lewe gespeel en my gevorm in die vrou wat ek vandag is.

Ek was die dogtertjie wat as kind haar ma se rokke aangetrek het as `n trourok en haar kantgordyne gebruik het as `n sluier. My rok was vir my `n baie groot faktor van ons dag gewees. My vereistes vir my rok was: lang sleep, lang sluier, mooi rug en nie `n moulose rok nie. Ek het na verskeie rok plekke gegaan om rokke te pas, maar het egter gesukkel om “die een” te vind. Ek het by Whimsical Bridal ingestap en daar was hy: MY rok. Ek het uitgestap met die rok en ek het begin huil toe ek myself sien in die spieël. Uiteindelik het ek `n rok gekry wat alles het wat ek wou hê en soveel meer. Ek het soos `n prinses gevoel! Ek onthou so goed die eienaar het vir my gesê, “Jou rok het jou gekies Claudia”. Ek het my rok gehad en nou was dit tyd vir hare en grimering besluite. Met my grimering het ek besluit op donker, dramatiese oë met `n natuurlike lipglans. Vir my hare het ek besluit op `n “op-styl” aangesien ek bitter lang hare op hierdie stadium gehad het, en ek gevoel het my hare is te swaar en warm vir los hare en ek wou buitendien my rok se rug wys. So ek het besluit op sagte krulle in my hare en `n styl wat nie te styf teen my kop kom nie om die sagtheid te behou.

Een ongelooflike oomblik buiten die seremonie self waar ons ons belofte voor God en almal teenwoordig gemaak het, wat natuurlik die grootste hoogtepunt was, was die oomblik tussen die foto’s en die onthaal die perfekste! Ons het heeltyd om hoekies gehardloop sodat die gaste ons nie kan sien nie en net die realisering van “WOW!!! Ons is getroud!!” Net daardie insink oomblik was so spesiaal en glad nie beplan gewees nie.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


( R 1 = 1 stem/vote )

Tik die regte bedrag in.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Type in the correct amount.  No refunds will be done.


Vir EFT betalings gebruik die onderste kode as jou verwysing:
For EFT payments use the below code as your reference: 


TVJ190018


EFT STEM OPSIES /  EFT VOTE OPTIONS:

R 50 = 50 stemme/votes
R 100 = 100 stemme/votes
R 250 = 250 stemme/votes
R 500 = 500 stemme/votes
R 1 000 = 1 000 stemme/votes

Vir EFT betalings moet jy ‘n mimum van R 50 spandeer.

BANK BESONDERHEDE:

Rekening Houer:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Rekening Tipe:  Tjek Rekening
Rekening Nommer:  62528022792
Tak:  Sea-Point
Takkode:  250-655

Gebruik die korrekte verwysing nommer soos bo.  Indien jy nie die boonste verwysings nommer gebruik nie sal die paartjie nie hul stemme ontvang nie.
Geen terugbetalings sal gedoen word nie. 

For EFT payments you should spend a minimum of R 50.

BANKING DETAILS:

Account Holder:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Account Type:  Cheque Account
Account Number:  62528022792
Branch:  Sea-Point
Branch Code:  250-655

Make sure you use the correct reference number as above.  If you do not use the above reference number the couple will not receive their votes.
No refunds will be done.

 


Vir hulp stuur ‘n e-pos na trouevandiejaar@mooitroues.co.za
For assistance, please send an e-mail to trouevandiejaar@mooitroues.co.za
























]

Diensverskaffers:

  • Blomme: Wedding and Flower Yard
  • Bruidegom-pak: Smart Guy
  • Dekor: Wedding and Flower Yard & Casablanca Manor
  • Fotograaf: Ironrose Photography
  • Grimering: Rochelle – Glow Co Beauty
  • Hare: Rochelle – Glow Co Beauty
  • Huweliksbevestiger: Dr Colin Smith
  • Platejoggie: AMA Productions
  • Skoene: Whimsical Bridal
  • Strooimeisie-rokke: The Maiden
  • Trourok: Whimsical Bridal
  • Venue: Casablanca Manor
  • Wittebrood plek: Zanzibar