Dandre & Hanri Snyman

STORIE:


Ons troudag was vir ons ‘n dag van liefde, vrede en ‘n viering saam familie en vriende. Ons wou ‘n gesellige atmosfeer geskep het en daarom het ons verlief geraak op Mooikrans Wedding Venue and Function. Die venue skep ‘n tuis Italiaanse ambians in die styl van ‘n moderne huis en die ganse ‘n perfekte kombinasie tot die atmosfeer.

“Die paartjie wat hou van wyn, lekker kos en goeie geselskap” is wat ons die beste beskryf. Mynderd, die sjef van Mooikrans het ons bedien met besonderse geure. Daar was baie klein detail by ons troudag, van die konfetti tot die tipe musiek.

Ek, die bruid het ‘n ongewone tema gekies. My inspirasie kom uit my skoonma se tuin en ‘n tendens wat ek ‘n jaar voor ons troudag voorspel het; Suurlemoene. Ek is mal daaroor om te speel met kleur, tekstuur en vorms. Daarom het ons verskaffers gekies wat ons visie verstaan en hulle het glad nie teleurgestel nie. Die blomme is baie spesiaal en buite die norm. Events Societe het buite die boks gedink en nie net by groen en geel gebly nie. Ons was mal daaroor dat hulle skakerings van blou, pers en rooi gebruik het.

My niggie, het ‘n oulike idee gehad om geld te spaar op die printwerk. Ons het ‘n klein boekie, met die naam trou paspoort, laat print met inhoud soos die verloop van die dag, tafelplassings, menu, baba fotos, blokkiesraaisel en al die dankie’s.

Ons het elke oomblik geniet en elke gebeurtenis was spesiaal. Ons is dankbaar dat ons fotograaf, Alexis Muntz Photography, alles so mooi vasgevang het.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


( R 1 = 1 stem/vote )

Tik die regte bedrag in.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Type in the correct amount.  No refunds will be done.


Vir EFT betalings gebruik die onderste kode as jou verwysing:
For EFT payments use the below code as your reference: 


TVJ190410


EFT STEM OPSIES /  EFT VOTE OPTIONS:

R 50 = 50 stemme/votes
R 100 = 100 stemme/votes
R 250 = 250 stemme/votes
R 500 = 500 stemme/votes
R 1 000 = 1 000 stemme/votes

Vir EFT betalings moet jy ‘n mimum van R 50 spandeer.

BANK BESONDERHEDE:

Rekening Houer:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Rekening Tipe:  Tjek Rekening
Rekening Nommer:  62528022792
Tak:  Sea-Point
Takkode:  250-655

Gebruik die korrekte verwysing nommer soos bo.  Indien jy nie die boonste verwysings nommer gebruik nie sal die paartjie nie hul stemme ontvang nie.
Geen terugbetalings sal gedoen word nie. 

For EFT payments you should spend a minimum of R 50.

BANKING DETAILS:

Account Holder:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Account Type:  Cheque Account
Account Number:  62528022792
Branch:  Sea-Point
Branch Code:  250-655

Make sure you use the correct reference number as above.  If you do not use the above reference number the couple will not receive their votes.
No refunds will be done.

 


Vir hulp stuur ‘n e-pos na trouevandiejaar@mooitroues.co.za
For assistance, please send an e-mail to trouevandiejaar@mooitroues.co.za


Diensverskaffers:

  • Blomme: Events Societe
  • Bruidegom-pak: Markhams
  • Dekor: Events Societe
  • Fotograaf: Alexis Muntz Photography
  • Gaste Geskenke: Go3D
  • Grimering: Yoane Make-up and Hair
  • Hare: Yoane Make-Up and Hair
  • Huweliksbevestiger: Geoffrey Kirsten
  • Juweliersware: Something old
  • Trouring: Nilu
  • Troukoek: Lay-Licious
  • Koördineerder: die bruid self
  • Musiek: Nariska Zietsman
  • Platejoggie: Nariska Zietsman
  • Skoene: Woolworths
  • Skryfbehoeftes: Bruid se niggie, Rianet
  • Strooimeisie-rokke: H&M (toppies) and Lise Designs (rompies)
  • Trourok: Sunette Caplin Designs
  • Venue: Mooikrans
  • Paartjie se verblyf: Mooikrans
  • Vermaak: Nariska Zietsman
  • Vervoer: Eie
  • Huwelik kontrak: Shane White Ingelyf
  • Wittebrood plek: MSC Cruise