Izani & Llewellyn Smit

STORIE:


Ons het in 2013 ontmoet via ‘n maat-soek webblad op die internet! (Ja dit kan werk! ) Min het ons geweet hoe Baie ons in gemeen het! Na ons eerste paar gesprekke het ons besef ons altwee is van Oudtshoorn en ons was in dieselfde hoërskool. Nie net dit nie… ons ouers woon in dieselfde straat!! As dit nie die eerste teken was nie, dan weet ek nie!?

Lang storie kort… Ses jaar later is ons verloof en het die trou reëlings begin…

Ons het besluit om ’n Baie klein intieme lente oggend troue te hê met net naaste familie en vriende. Ons het altwee van die begin af gesê ons wil nie meer as 40 gaste nooi nie.

Omdat ons dit baie gemaklik, effens informeel en natuurlik so goedkoop as moontlik wou hou was dit vir ons belangrik om die regte Venue te kies. Nadat ons een aand by my ouers se huis gebraai het, het ons besluit die beste venue is reg onder ons neuse…. en net daar en dan het ons besluit die troue Sal net hier by die huis plaasvind!

Vandat ons besluit het die troue Sal by die huis plaasvind, was die res van die reëlings baie maklik. Dit was ‘n oggend troue , so ons het nie nodig gehad vir ‘n driegangmaaltyd, ligte, kerse en n plate joggie nie.

Die seremonie was binne in die huis, op al die gemaklik stoele wat in die huis beskikbaar is, en die res van die troue was agter die huis met drankies en dan die lang tafel onder die Prieel waar almal heerlik kon kuier en eet.

Een van ons vriende is ‘n fotograaf, wat as trougeskenk, ‘n paar detail foto’s en foto’s van die bruid, voor die tyd, geneem het, maar ons het ook ’n ekstra fotograaf gehuur vir 2 ure, instede van n trou-pakket, wat die familie foto’s en paartjie foto’s geneem het.

Die kos was vinger happies en nagereg was cupcakes, koeksisters en Roomys met lekkers, voorberei deur n sjef.

Ons het die aand voor die troue die tafels onder die prieel gesit en vroeg die volgende oggend die wit tafel doeke en glas potte geplaas… Al die dekor op die tafel is items uit my ma se huis, en is so mooi, die blomme was amper nie eers nodig nie.

‘n Heerlike dag vol lag en lekker kuiers!!

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


( R 1 = 1 stem/vote )

Tik die regte bedrag in.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Type in the correct amount.  No refunds will be done.


Vir EFT betalings gebruik die onderste kode as jou verwysing:
For EFT payments use the below code as your reference: 


TVJ190337


EFT STEM OPSIES /  EFT VOTE OPTIONS:

R 50 = 50 stemme/votes
R 100 = 100 stemme/votes
R 250 = 250 stemme/votes
R 500 = 500 stemme/votes
R 1 000 = 1 000 stemme/votes

Vir EFT betalings moet jy ‘n mimum van R 50 spandeer.

BANK BESONDERHEDE:

Rekening Houer:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Rekening Tipe:  Tjek Rekening
Rekening Nommer:  62528022792
Tak:  Sea-Point
Takkode:  250-655

Gebruik die korrekte verwysing nommer soos bo.  Indien jy nie die boonste verwysings nommer gebruik nie sal die paartjie nie hul stemme ontvang nie.
Geen terugbetalings sal gedoen word nie. 

For EFT payments you should spend a minimum of R 50.

BANKING DETAILS:

Account Holder:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Account Type:  Cheque Account
Account Number:  62528022792
Branch:  Sea-Point
Branch Code:  250-655

Make sure you use the correct reference number as above.  If you do not use the above reference number the couple will not receive their votes.
No refunds will be done.

 


Vir hulp stuur ‘n e-pos na trouevandiejaar@mooitroues.co.za
For assistance, please send an e-mail to trouevandiejaar@mooitroues.co.za


Diensverskaffers:

  • Fotograaf: Herman Pieters en Kiekiekint Fotografie
  • Grimering: Jacolene’s Skoonheid Oudtshoorn
  • Hare: Serious Hair Oudtshoorn
  • Huweliksbevestiger: Charlie Nunn Oudtshoorn
  • Trouring: NWJ en Goldfish Jewelry George
  • Troukoek: IDo Gourmet Oudtshoorn
  • Skryfbehoeftes: The Office George
  • Trourok: Bridal Inn George
  • Paartjie se verblyf: Villa Ora Oudtshoorn