Jacques & Nicole Erasmus

STORIE:


Uiteindelik het ons groot dag aangebreek, die dag waarvan elke klein dogtertjie droom. Ons het ‘n naweek troue gehad by The Stone Cellar in Heidelberg. Vrydag aand het al ons strooimeisies en strooijonkers asook naaste familie die aand saam ons spandeer. Jacques het Vrydag aand stilletjies weggeglip en in die venue se kapel ‘n brief gaan skryf wat ek op ons troudag in die mooiste boks bederfies gekry het. Terwyl hy sy briefie gaan skryf het, was ek in die groot plaashuis ook aan die skryf. Ons het daarna rustig saam familie en vriende gebraai en glad nie vroeg ingekruip soos ons beplan het nie. Saterdag oggend het ons wakker geword met groot opgewondenheid, die dag het uiteindelik aangebreek. Ek en Jacques het ver van mekaar af geslaap die vorige aand, hy saam die manne en ek saam die meisies sodat ons mekaar nie sien voor ons voor die kansel staan nie. 10 Uur het al die verrigtinge begin, al die strooimeisies was besig met hare en grimering terwyl ek rustig saam my ma gesit en gesels het. Die manne het 10 uur ‘n lekker ontbyt by die gholfclub gaan eet voor hulle opdollie sessie begin. Na al my strooimeisies se hare en grimering gedoen was, was dit my beurt. Alles het so goed afgeloop en was presies soos ek dit wou he. Chane (ons fotograaf) was op daardie stadium besig om fotos van die manne te neem terwyl hulle regmaak. Toe ons fotosessie aanbreek het ons ‘n lekker gin geskink en lekker gesit en gesels terwyl sy fotos neem, ek het self so bietjie huweliksraak ontvang. Die tyd het gevlieg en dit was tyd om my trourok aan te trek. Ek was heeldag ongelooflik rustig, tot die oomblik wat my pa om die hoek gekom het met die grootste glimlag op sy gesig en trane in sy oë. Dit is toe net daar dat ek self hard aan my trane moet sluk. Eers toe ons in die kar klim om na die die kapel toe te ry het die emosies my getref en dit ingesink dat die oomblik aangebreek het dat ek nou met die man van my drome gaan trou, dat die Here my so geseën het dat ek die res van my lewe saam so wonderlike man kan spandeer. My sussie het die liedjie waarop die strooimeisies ingestap het gesing, Tenerife sea van Ed Sheeran, en net daar het sy die hele kapel in trane gehad. Ek en my pa stap toe daarna in op Darling van Roan Ash. Die hele pad tot voor in die kapel was ek oorweldig met emosie, die beste oomblik van ons troudag was toe ek Jacques se glimlag sien toe ek opkyk, dit het my hart laat smelt. Ons Dominee se preek was asemrowend, hy het vir ons gevra “Wie het besluit dat julle twee vandag met mekaar gaan trou?” Dit het daarop neergekom dat dit God was en net soos alles in die skepping “GOED” was, hierdie ook net so goed is, want Hy het dit besluit en ons tot op hierdie punt gelei. Daarna het ons, ons eerste soen as man en vrou gedeel, die register geteken, on is met confetti gegooi en ons is weg om te gaan fotos neem. Ons het omtrent vet pret gehad saam ons strooijonkers en strooimeisies tydens ons fotosessie veral toe ons 1928 Ford Phantom ‘n hupstoot nodig gehad het toe ons wil wegtrek. Elke foto is so vol emosie en herinderinge wat ons altyd sal bybly. Ons het ons private fotosessie gehad, vet pret, en daarna is ons terug na die venue toe. Ons het die saal binnegestap op Stumbling in van Chris Norman en Suzy Quatro met en groot gecheer van al ons gaste. Lekkerste kos nog ooit geëet, snaakste toesprake, daanvloer geopen, koek gesny, garter gegooi nadat Jacques ‘n paar keer sy balans verloor het met die afhaal van die kousband, blomme gegooi, kaaskoek buffet, en toe dans en partytjie ons werlik tot die son opkom. Dit was ‘n sprokiesdag- en aand wat ek oor en oor sal wil beleef. Dit het ons grootste verwagtinge oortref.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


( R 1 = 1 stem/vote )

Tik die regte bedrag in.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Type in the correct amount.  No refunds will be done.


Vir EFT betalings gebruik die onderste kode as jou verwysing:
For EFT payments use the below code as your reference: 


TVJ190411


EFT STEM OPSIES /  EFT VOTE OPTIONS:

R 50 = 50 stemme/votes
R 100 = 100 stemme/votes
R 250 = 250 stemme/votes
R 500 = 500 stemme/votes
R 1 000 = 1 000 stemme/votes

Vir EFT betalings moet jy ‘n mimum van R 50 spandeer.

BANK BESONDERHEDE:

Rekening Houer:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Rekening Tipe:  Tjek Rekening
Rekening Nommer:  62528022792
Tak:  Sea-Point
Takkode:  250-655

Gebruik die korrekte verwysing nommer soos bo.  Indien jy nie die boonste verwysings nommer gebruik nie sal die paartjie nie hul stemme ontvang nie.
Geen terugbetalings sal gedoen word nie. 

For EFT payments you should spend a minimum of R 50.

BANKING DETAILS:

Account Holder:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Account Type:  Cheque Account
Account Number:  62528022792
Branch:  Sea-Point
Branch Code:  250-655

Make sure you use the correct reference number as above.  If you do not use the above reference number the couple will not receive their votes.
No refunds will be done.

 


Vir hulp stuur ‘n e-pos na trouevandiejaar@mooitroues.co.za
For assistance, please send an e-mail to trouevandiejaar@mooitroues.co.za


 

Diensverskaffers:

  • Blomme: Hartelief styling
  • Bruidegom-pak: Woolworths
  • Dekor: Hartelief styling
  • Fotograaf: BOLD photography
  • Grimering: iDesign Makeup Artistry
  • Hare: Raynebowtique
  • Huweliksbevestiger: Ds. Barry Fourie
  • Juweliersware: Pandora
  • Trouring: Eternity Enterprises
  • Troukoek: George’s Bread & Co
  • Koördineerder: Sam Kruger
  • Musiek: Jurie Nel
  • Platejoggie: Jurie Nel
  • Skoene: ALDO
  • Skryfbehoeftes: Met liefde ontwerp
  • Strooimeisie-rokke: YDE
  • Trourok: Bride & Co
  • Venue: The Stone Cellar
  • Paartjie se verblyf: The Stone Cellar
  • Vervoer: The Stone Cellar
  • Videograaf: BOLD photography
  • Huwelik kontrak: Hammond Pole Attorneys
  • Wittebrood plek: Knysna