Jacques & Sumari Holmner

STORIE:


Ek het altyd gedroom oor ‘n sprokies woud troue en het die voorreg gehad om my droom ‘n realiteit te maak en te beleef saam met die man van my drome en al ons vriende en familie.

Ons troudag het afgespeel in die betowerende woud van Galagos Country Estate in Donkerhoek, Pretoria. Ons was omring deur asemrowende hoë bome wat ons in vervoering gehad het en ons was geseën met lieflike weer. Die effek wat ons op ons troudag wou skep was elegant, maar pret, sodat elke persoon homself kon wees en net die dag saam met ons kon geniet.

Ons het ons huwelik in die teenwoordigheid van die Here en almal vir wie ons lief is betree en die liefdevolle atmosfeer was tasbaar. Die strooimeisies en strooijonkers het ons beide bygestaan en die dag sou nie dieselfde wees sonder elke liewe een van hulle nie. Ons ouers het ons elke stap van die pad geondersteun en liefde getoon waarvoor ons ewig dankbaar is.

Die pragtige woud het die perfekte agtergrond geskep vir ons fotos en ons briljante fotograwe het die natuurlike sonlig gebruik om elke intieme oomblik op besondere wyse vas te vang.

Galagos se professionele personeel was ongelooflik tentatief en het ons gaste op die hande gedra. Ons was bedien met ‘n smullekker vyf-gang maaltyd, waartydens die toesprake, die eerste dans, die pa en dogter dans en die koek sny plaasgevind het sodat ons gaste nie te lank moes sit en wag vir die dansbaan om te open nie.

Ons troukoek was saamgestel uit verskeie kase wat ek self gaan koop het en ‘n familielid volgens ‘n prentjie vir my versier het. Hierdie opsie was perfek vir ons gewees aangesien ons gaste nie genoeg van die heerlike kase kon kry nie en niks vermors was nie. Ons dekor het die feetjie-agtige woud effek net nog meer uitgebring en purple bell events het ons wense te bowe gegaan met die fyn detail en besondere afwerking. Purple Bell het gesorg vir alles, van blomme tot dekor tot die skryfbehoeftes.

Toe die dansbaan open was omtrent elke lyf op die dansvloer en die partytjie het aangehou tot 4 uur die volgende oggend, aangesien ons fantastiese platejoggie die gaste op hul voete gehou het en daar net nie genoeg gedans kon word nie.

Die mooiste oomblik was voor ons in die saal ingegaan het vir die onthaal, toe ons ‘n alleen oomblik gehad het en vir mekaar herinner het dat hierdie dag waarvoor ons so lank gewag het absoluut perfek is en dat ons net die Here wou dankie sê vir elke oomblik daarvan en dat ons alles wou inneem en in ons harte graveer.

Ons troudag was die spesiaalste dag van ons lewens en ‘n dag wat ons nooit sal vergeet nie.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


( R 1 = 1 stem/vote )

Tik die regte bedrag in.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Type in the correct amount.  No refunds will be done.


Vir EFT betalings gebruik die onderste kode as jou verwysing:
For EFT payments use the below code as your reference: 


TVJ190268


EFT STEM OPSIES /  EFT VOTE OPTIONS:

R 50 = 50 stemme/votes
R 100 = 100 stemme/votes
R 250 = 250 stemme/votes
R 500 = 500 stemme/votes
R 1 000 = 1 000 stemme/votes

Vir EFT betalings moet jy ‘n mimum van R 50 spandeer.

BANK BESONDERHEDE:

Rekening Houer:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Rekening Tipe:  Tjek Rekening
Rekening Nommer:  62528022792
Tak:  Sea-Point
Takkode:  250-655

Gebruik die korrekte verwysing nommer soos bo.  Indien jy nie die boonste verwysings nommer gebruik nie sal die paartjie nie hul stemme ontvang nie.
Geen terugbetalings sal gedoen word nie. 

For EFT payments you should spend a minimum of R 50.

BANKING DETAILS:

Account Holder:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Account Type:  Cheque Account
Account Number:  62528022792
Branch:  Sea-Point
Branch Code:  250-655

Make sure you use the correct reference number as above.  If you do not use the above reference number the couple will not receive their votes.
No refunds will be done.

 


Vir hulp stuur ‘n e-pos na trouevandiejaar@mooitroues.co.za
For assistance, please send an e-mail to trouevandiejaar@mooitroues.co.za


 

Diensverskaffers:

  • Venue: Galagos Country Estate
  • Dekor: Purple Bell Events
  • Rok: Olivelli Northcliff – Blue by Enzoani
  • Hare en Grimeering: Chantelle does styling
  • Strooimeisie Rokke: Forever New
  • Kos: Galagos Country Estate
  • Platejoggie: Galagos Country Estate
  • Koek: Kaas by Hoekplaas Cheesery
  • Fairy Lights: Softlight Events
  • Foto- en videograaf: Arline Photo and video