Jeané & Willie Du Plessis

STORIE:


Ons storie begin amper 9 jaar terug. Ek was ‘n Gr.10 leerder, gebore en getoë op die plattelandse dorp Upington. Ons het begin gesels deur Facebook en ek kan amper se dit was liefde met die eerste oog op slag. So opwindend soos wat jong liefde is, was daar baie struikelblokke wat vir ons gewag het. Ek het gematrikuleer in 2012 en soos wat een hoofstuk afgesluit was, het ‘n volgende begin. So pak ons die stryd aan van ‘n 4-jaar langafstand verhouding toe ek die plattelandse oppervlaktes verruil het vir my studente jare op Potchefstroom. Willie, ook afkomstig van Upington, het in die 4 jaar Kaapstad toe getrek met nuwe opwinding en werksgeleenthede wat sou wag. So het ons mekaar elke 6 weke gesien wanneer daar telkemale vliegtuigkaartjies gekoop is om vir ‘n naweek by mekaar te kuier. Ons was geseënd om ‘n jaar saam in Kaapstad te geniet tydens my internskap voor ons die laaste langafstand jaar aangepak het vir my gemeenskapsdiens in 2018. Tydens ‘n langafstand verhouding leer jy om onselfsugtig te wees in jou eie belange, en om die ander se belange en geluk eerste te stel, ‘n waardevolle les wat ek vir altyd sal toepas in ons huwelik. Soos die Bybel die syfer 8 as ‘n nuwe begin beskryf, het ons eie “nuwe begin” op 3 Mei 2019 plaasgevind, 8 jaar vandat ons ontmoet het. Ons troudag was alles waaroor ek gedroom het as ‘n klein dogtertjie. Ons venue is ‘n jare lange droom wat waar geword het, ek het dit al op Universiteit ontdek. Dit was ons grootste voorreg en verseker ‘n hoogtepunt om voor ons vriende en familie ons troubeloftes aan mekaar te beloof in die opelug op ‘n rustige, sonskyn dag. Prentjie-mooi blomme en dekor wat eie is aan ons persoonlikhede, ‘n smul-lekker spyskaart, samesyn met vriende en familie en laatnag dans en partytjie. Herinneringe wat vir altyd vasgevang is in fotos. Dit was die mees perfekte dag wat ons voor kon vra! Ons wildste drome oortref, maar die mooiste van die dag, was en is die liefde wat ons het vir mekaar!

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


( R 1 = 1 stem/vote )

Tik die regte bedrag in.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Type in the correct amount.  No refunds will be done.


Vir EFT betalings gebruik die onderste kode as jou verwysing:
For EFT payments use the below code as your reference: 


TVJ190100


EFT STEM OPSIES /  EFT VOTE OPTIONS:

R 50 = 50 stemme/votes
R 100 = 100 stemme/votes
R 250 = 250 stemme/votes
R 500 = 500 stemme/votes
R 1 000 = 1 000 stemme/votes

Vir EFT betalings moet jy ‘n mimum van R 50 spandeer.

BANK BESONDERHEDE:

Rekening Houer:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Rekening Tipe:  Tjek Rekening
Rekening Nommer:  62528022792
Tak:  Sea-Point
Takkode:  250-655

Gebruik die korrekte verwysing nommer soos bo.  Indien jy nie die boonste verwysings nommer gebruik nie sal die paartjie nie hul stemme ontvang nie.
Geen terugbetalings sal gedoen word nie. 

For EFT payments you should spend a minimum of R 50.

BANKING DETAILS:

Account Holder:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Account Type:  Cheque Account
Account Number:  62528022792
Branch:  Sea-Point
Branch Code:  250-655

Make sure you use the correct reference number as above.  If you do not use the above reference number the couple will not receive their votes.
No refunds will be done.

 


Vir hulp stuur ‘n e-pos na trouevandiejaar@mooitroues.co.za
For assistance, please send an e-mail to trouevandiejaar@mooitroues.co.za


Diensverskaffers:

  • Venue & Catering – Cavalli Estate
  • Photographer – Aglow Photography
  • Videographer – KovacevicBosch
  • Coordinator – Mon Amour Events
  • Furniture hire – Sitting Pretty Bespoke Events
  • Decor hiring – NConcepts & Design, Happinest Hire, Muse Decor Hire
  • Stationary – Fleur Design Studio
  • Floral Design – Ria Klue
  • Wedding Cake – Birdcage, Stellenbosch
  • DJ – DJ Dean SA
  • Wedding gown – Olga-Maré
  • Groom’s Attire – Fabiani Collection
  • Flower girl’s dress – Olga-Maré
  • Bridal shoes – Opari
  • Bride Makeup & Hair – Visual Artistry
  • Bride Lashes – Beauty by Minke
  • Bridesmaids Makeup – Evelyn Francis MUA
  • Sleepwear – Hometime Sleepwear