Johan & Nikki van Schalkwyk

STORIE:


Ons liefdesverhaal het in die hartjie van die Moederstad begin, waar ons by dieselfde firma gewerk het en vir lank in die geheim gekuier het. Na jare se kuiers, wat langafstand Skype sessies ingesluit het, het Johan my die ja-woord gevra.

Ons het verloof geraak, 6 dae voor ek vertrek het vir 2 maande se werk in New York. Johan het ons eerste “date” gena-aap deur vir ons ‘n les te reel waar ons saam kos kon maak en die groot vraag gevra terwyl ons die lekkerste chocolate fondant (wat ons self gemaak het) ge-eet het.

Ons het weke lank gesoek na die perfekte venue. Toe ons Bergland gesien het, het ons geweet dis die een. Johan het elke liewe detail van ons troue saam met my beplan, en daarvoor is ek ewig dankbaar.

Ons troudag, 4 Mei 2019, was ‘n perfekte herfsdag in die Boland.
Ons het ewige trou aan mekaar beloof in die mooiste strooidak kerkie in Worcester, net ‘n paar meter van waar my Ouma en Oupa self die ja-woord gesê het, jaren gelede.

Na ons fotosessie in die velde, het ons ons onthaal ingestap op Mango Groove se Special Star waarna ons die feesvieringe behoorlik kon begin.

Die dag was presies hoe ons dit wou he, omring deur familie en vriende. Ek sal die dag vir die res van my lewe koester.

Van my gunsteling oomblikke is:
1. Om saam met my pa en broer kerk toe te ry, en die oomblik toe my broer ‘n ekstra afdraai gevat het, net om seker te maak ek is reg vir wat voorle.
2. My ma en hoe mooi sy gelyk het.
3. Die oomblik toe ek my toekomstige man vir die eerste keer op ons troudag sien.
4. Ons fotosessie in die velde. Die fotosessie is die enigste oomblik wat jy as man en vrou werklik alleen is op jul troudag, ek koester daardie alleentyd nou nog.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


( R 1 = 1 stem/vote )

Tik die regte bedrag in.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Type in the correct amount.  No refunds will be done.


Vir EFT betalings gebruik die onderste kode as jou verwysing:
For EFT payments use the below code as your reference: 


TVJ190505


EFT STEM OPSIES /  EFT VOTE OPTIONS:

R 50 = 50 stemme/votes
R 100 = 100 stemme/votes
R 250 = 250 stemme/votes
R 500 = 500 stemme/votes
R 1 000 = 1 000 stemme/votes

Vir EFT betalings moet jy ‘n mimum van R 50 spandeer.

BANK BESONDERHEDE:

Rekening Houer:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Rekening Tipe:  Tjek Rekening
Rekening Nommer:  62528022792
Tak:  Sea-Point
Takkode:  250-655

Gebruik die korrekte verwysing nommer soos bo.  Indien jy nie die boonste verwysings nommer gebruik nie sal die paartjie nie hul stemme ontvang nie.
Geen terugbetalings sal gedoen word nie. 

For EFT payments you should spend a minimum of R 50.

BANKING DETAILS:

Account Holder:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Account Type:  Cheque Account
Account Number:  62528022792
Branch:  Sea-Point
Branch Code:  250-655

Make sure you use the correct reference number as above.  If you do not use the above reference number the couple will not receive their votes.
No refunds will be done.

 


Vir hulp stuur ‘n e-pos na trouevandiejaar@mooitroues.co.za
For assistance, please send an e-mail to trouevandiejaar@mooitroues.co.za


 

Diensverskaffers:

  • Bruidegom-pak: Top Man
  • Dekor: Blommeprag
  • Fotograaf: He is Visual (Jacques Albertyn)
  • Gaste Geskenke: Ma van die Bruid
  • Grimering: Nadia Professional Hair and Makeup
  • Hare: Nadia Professional Hair and Malkeup
  • Huurdienste: Sitting Pretty
  • Huweliksbevestiger: Dr Chris Jones
  • Trouring: Hy: Dear Rae
  • Troukoek: Ma van die Bruid
  • Koördineerder: Talitha Cronje
  • Musiek: Roelof van der Merwe (van BrotherBrother)
  • Platejoggie: DJ Cesna
  • Skoene: Aldo
  • Skryfbehoeftes: Me.Ma
  • Strooimeisie-rokke: Gelique
  • Trourok: Alana van Heerden
  • Venue: Bergland Venue
  • Paartjie se verblyf: Bergland Venue
  • Vermaak: Roelof van der Merwe (van BrotherBrother)
  • Vervoer: Vriend van die Bruid
  • Videograaf: SecondLuke (maar die video is nog nie ontvang nie)
  • Huwelik kontrak: Vriend van die paartje
  • Wittebrood plek: Mauritius