Juan & Roelien Welgemoed

STORIE:


Dit klink tog so cliché as iemand sê “Ons trou dag was die beste dag ooit”, maar dit was werklik die beste dag. Mens vat maar ‘n kans om in die winter te trou, veral in die Kaap. Die vrees is maar daar rakende die weer. Gaan die wind ons wegwaai? Gaan dit stormreën? Wat maak ons rakende die foto’s as dit sou gebeur? Maar met die Here se genade het ons ‘n sonnige dag gehad. Nie ‘n teken van reën of wind nie. Ons was werklik geseën.

Op 13 Julie 2019 het ‘n dame van die platteland en ‘n jongman van die Weskus trou beloof aan mekaar. Die tekens was als daar van die begin af dat ons eendag op trou sou staan. Daar was omstandighede wat gelyk het asof dit vir ons uitmekaar sou hou en dat ons nooit die padjie saam sou stap nie, maar die noodlot het ander idees gehad. In 2016 het Roelien teruggetrek Kaap toe na jare se oor en weer trek oor verskeie provinsies. Juan was tydelik terug in die Kaap na sy kontrak werk in Pofadder en en daar was reeds planne in werking vir hom om in Botswana te gaan werk vir 6 maande. Min het ons geweet ons was dieselfde tyd gevestig in die Noord:Kaap en sou dan uiteindelik mekaar ontmoet in die Wes:Kaap.

Op 13 Julie 2016, het 2 siele ‘n kans gewaag en “swiped right” op Tinder, ‘n online dating app. Ons sou nooit kon raai dat dit die begin van verewig sou  gewees het nie. Ons het op Whatsapp begin gesels maar geweet Juan sou daai Vrydag vertrek het na Botswana vir sy werkskontrak. Ons het nie veel  verwagtinge gehad nie. Maar die noodlot het ingegryp en Juan se trippie is vir eers “oh hold” gesit. Na vroeë oggend whatsapp gesprekke op Sondag, verklaar Juan hy moet vir Roelien op ‘n “date” neem. Sy stem in en op die 19de Julie het hulle hulle eerste “date” en soen by die Waterfront gehad & the rest is history. Juan se werkskontrak Botswana toe het nooit gerealiseer nie en so het ‘n pragtige verhouding gegroei. Op 28 April 2017, het Juan vir Roelien teruggeneem Waterfront toe na die “spot” waar ons ons eerste soen gehad het, hy het gesak op een knieg en die ja:woord gevra.

Op 13 Julie 2019, presies 3 jaar nadat ons op Tinder ontmoet het, het ons voor die kansel gestaan in die pragtige kelder by Groenrivier Function Centre in Riebeek Wes. Ons was omring deur die naaste familie en vriende wat ons van die begin af ge:ondersteun en aangemoedig het. Selfs ure voor die troue was  Roelien glad nie senuweeagtig nie, sy was seker en reg. Die was die een vir haar. Na jare se wag en soek en hoop het sy die een gevind wat vir haar gemaak is. Juan, volgens sy neef William, was ‘n bietjie op sy senuwees maar toe Roelien by die kelder instap, het sy gesig opgehelder en ‘n traan gevorm in sy oë. Ons seremonie, deur Troy Goldie, was gesellig en “laid back”. Almal het hom vreeslik geniet en hy het dit ‘n lekker ervaring gemaak vir almal. Troy het selfs gegrap en gesê hy kan sien Juan wil graag sy bruid soen maar hy moet net vashou.

Ons onthaal was fantasties verby. Als het vlot verloop en ons gaste het hulself gate uitgeniet. Die pragtige “fairylights” in ons onthaalsaal by Groenrivier was iets uit ‘n sprokieswereld met die tafels versier met burgundy blomme, roosgoud & “rustic” dekor en kerse. Ons wou die atmosfeer so sag en romanties as  moontlik maak. Ons hoor tot vandag nog by almal, dit was die beste troue ooit en dit maak al die maande se harde werk en stres die moeite werd. Ons kos, wat bedien is deur Malita Joubert Spyseniering, was uit die boonste rakke. Die musiek deur ons DJ, Mark van Cape Town JAM, het die mense van begin tot einde aan die skoffel gehad, so dat ons letterlik die ligte middernag moes afsit om die mense uit die onthaalsaal te kry. Almal wou net verder kuier!  Een van my gunsteling herinneringe sal altyd wees van my 78:jarige ouma wat saam met my oom en saam met Juan se neef langarm en haarself gate uit geniet.

Op die ou einde, of die troue nou seepglad verloop het of nie, was die belangrikste dat ons die gemaak het. Ons het besluit dié persoon is die een vir ons tot die einde toe. Ons sou werklik die dag oor en oor wou he, net om weer trou aan mekaar te beloof. Cliche of de not, dit was die beste dag van ons lewens.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


( R 1 = 1 stem/vote )

Tik die regte bedrag in.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Type in the correct amount.  No refunds will be done.


Vir EFT betalings gebruik die onderste kode as jou verwysing:
For EFT payments use the below code as your reference: 


TVJ190173


EFT STEM OPSIES /  EFT VOTE OPTIONS:

R 50 = 50 stemme/votes
R 100 = 100 stemme/votes
R 250 = 250 stemme/votes
R 500 = 500 stemme/votes
R 1 000 = 1 000 stemme/votes

Vir EFT betalings moet jy ‘n mimum van R 50 spandeer.

BANK BESONDERHEDE:

Rekening Houer:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Rekening Tipe:  Tjek Rekening
Rekening Nommer:  62528022792
Tak:  Sea-Point
Takkode:  250-655

Gebruik die korrekte verwysing nommer soos bo.  Indien jy nie die boonste verwysings nommer gebruik nie sal die paartjie nie hul stemme ontvang nie.
Geen terugbetalings sal gedoen word nie. 

For EFT payments you should spend a minimum of R 50.

BANKING DETAILS:

Account Holder:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Account Type:  Cheque Account
Account Number:  62528022792
Branch:  Sea-Point
Branch Code:  250-655

Make sure you use the correct reference number as above.  If you do not use the above reference number the couple will not receive their votes.
No refunds will be done.

 


Vir hulp stuur ‘n e-pos na trouevandiejaar@mooitroues.co.za
For assistance, please send an e-mail to trouevandiejaar@mooitroues.co.za


Diensverskaffers:

  • Skryfbehoeftes:  Dreamcatcher Designs
  • Platejoggie:  Cape Town JAM
  • Videograaf : Boland Weddings
  • Hare & Grimering : Blush Make up and Hair Services by Alicia Spamer Yule
  • Bloemis & Koordinering : Blomakiti
  • Decor : Something Borrowed Decor Hire & Happy Tree Designs
  • Bridal Party Robes & T:Shirts : ONE Boutique Store
  • Bridesmaids Dresses : Hoiden Bridesmaids
  • Groom & Groomsmen Suits : Mr Suit Hire
  • Strooimeisie-rokke: : Richelles Wedding Dresses
  • Venue : Groenrivier Function Centre
  • Spyseniering : Malita Joubert Catering
  • Huwelik Beampte : Troy Goldie
  • Troukoek: Soet Cake
  • Kolwyntjies: Zanmari’s Bakery
  • Konfetti: Confetti Bundles
  • Beer Kegs : Stellenbosch Brewing Company