Juan & Stephanie Myburgh

STORIE:


Plaasmeisie wees is nie altyd net motorfietse en modder morasse nie, vir hierdie plaasmeisie het dit ook rondspeel met lang rokke in groot tuine beteken. In haar baie klein wêreldjie was hierdie vir haar n reuse koningkryk. Vandag staan hierdie koningkryk bekend as Alevi Farm Lodge.
Op 5 Januarie 2019 het dié meisie met die mooiste rok nog deur die tuin geloop, maar die keer om haar liefde aan die man van haar drome te verklaar.

Juan het versot geraak op my soos hy die “boskind” in my leer ken het, en ek was in bewondering soos ek die liefdevolle outjie wat net die mooi in alles raaksien leer ken het. Dit was nie lank daarna nie voor ons geweet het ons wil nie sonder mekaar wees nie en het Juan my gevra om te trou.

Na baie kuiers by my familie in die laeveld, het dit nie lank gevat voor Juan net so liefde vir die plek te ontwikkel soos ek het nie. So toe ons moet besluit oor waar om te trou was dit nie n moeilike keuse nie, ons kan mos by Alevi Farm Lodge trou, dis die familie plaas waar ek groot geword het lank voor dit nog n venue was. Net om die storie nog so bietjie meer spesiaal te maak is dit dieselfde tuine waar my ma en pa getrou het. Plus daar is baie familie en vriende in die area wat ons kan help…min het ons geweet.

Die week voor die troue het almal ingespring om te help, trekkers en al het ons die seremonie area in die bos gaan skoonmaak. Dit het die perfekte amfiteater geskep, omring met reuse rotse wat omhels is met boom wortels wat jare se stories het om te vertel. Met die sonlig wat deur die blare val was dit n ware sprokies toneel, die klein meisie binne in my het gedans van blydskap soos wat my en Juan se storie nou ook gaan vertel word.

Die oggend van die troue het al ons harts vriende en vriendinne ons dag net nog meer spesiaal gemaak. My vriendine en sussie het dit reg gekry om my nie net soos n prinses te laat voel nie maar ook soos een te laat lyk. Juan se vriende het poetse op hom getrek, sy best man het soos n bruid aangetrek en hom die skok van sy lewe gegee, maar dis ok want dit is hulle liefdestaal!

Al die dekor, blomme, dankie se geskenkies en skryfbehoeftes het ons self gedoen met die hulp van familie en vriende. Familie het al die vleis geskenk waarvan daar n fantastiese feesmaal vir elke tafel gemaak was, dit het die atmosfeer net nog meer gesellig gemaak, afgesluit met n smullekker troukoek wat nóg n skenking was.

Ons idee was om n lekker tyd te gee vir ons mense, so ons het van die traditionele formaliteite van troue af weggebreek. Die vrouens moes lootjies trek vir die bruidsruiker en die getroude en ongetroude manne moes waterballon oorlog maak vir die kousband. Dit was n aand vol kuiers, lag, liefde en omgee. Van vriende tot familie was daar nie n enkele persoon waarvoor ons nie dankbaar is nie. Almal het ingespring en gehelp of van ver, verder en bitter ver gekom om ons groot dag saam met ons te deel.

Die troudag was n ware feesmaal waar die hele familie betrokke was, elke aspek van ons bruilof was uit liefde en omgee deur ons vriende en familie gedoen. Die lekkerste van als is dat elke keer as ons nou terug gaan, herleef ons so stukkie van ons dag.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


( R 1 = 1 stem/vote )

Tik die regte bedrag in.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Type in the correct amount.  No refunds will be done.


Vir EFT betalings gebruik die onderste kode as jou verwysing:
For EFT payments use the below code as your reference: 


TVJ190517


EFT STEM OPSIES /  EFT VOTE OPTIONS:

R 50 = 50 stemme/votes
R 100 = 100 stemme/votes
R 250 = 250 stemme/votes
R 500 = 500 stemme/votes
R 1 000 = 1 000 stemme/votes

Vir EFT betalings moet jy ‘n mimum van R 50 spandeer.

BANK BESONDERHEDE:

Rekening Houer:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Rekening Tipe:  Tjek Rekening
Rekening Nommer:  62528022792
Tak:  Sea-Point
Takkode:  250-655

Gebruik die korrekte verwysing nommer soos bo.  Indien jy nie die boonste verwysings nommer gebruik nie sal die paartjie nie hul stemme ontvang nie.
Geen terugbetalings sal gedoen word nie. 

For EFT payments you should spend a minimum of R 50.

BANKING DETAILS:

Account Holder:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Account Type:  Cheque Account
Account Number:  62528022792
Branch:  Sea-Point
Branch Code:  250-655

Make sure you use the correct reference number as above.  If you do not use the above reference number the couple will not receive their votes.
No refunds will be done.

 


Vir hulp stuur ‘n e-pos na trouevandiejaar@mooitroues.co.za
For assistance, please send an e-mail to trouevandiejaar@mooitroues.co.za


Diensverskaffers:

  • Blomme: Fairest Flower
  • Bruidegom-pak: Woolworths
  • Dekor: Caterworld
  • Fotograaf: Margaux Cronje Photography
  • Gaste Geskenke: Fairest Flower
  • Grimering: Nadine Alma Jordaan Wingrave
  • Hare: Elize Stoltz
  • Huurdienste: Caterworld
  • Huweliksbevestiger: Eddie le Roux
  • Juweliersware: Bridal Wardrobe
  • Trouring: Louie Daniele & Touchwood
  • Troukoek: Sheralee Stoltz
  • Koördineerder: Lizet Victor
  • Musiek: Sci-Fi Audio and Visual
  • Skoene: Imaani
  • Skryfbehoeftes: Self gemaak
  • Strooimeisie-rokke: The Maiden
  • Trourok: Enzoani
  • Venue: Alevi Farm Lodge
  • Paartjie se verblyf: Urban Living
  • Vervoer: Self
  • Videograaf: Margaux Cronje
  • Huwelik kontrak: Andries Ras