Louis & Elaine Buhrmann

STORIE:


Vandat ons geweet het ons gaan met mekaar trou (wat ongeveer 2 weke was nadat ons begin kuier het), het ons besluit dat ons nie eendag ‘n groot gedoente wil hê nie en dat ons sommer stil stil die knoop gaan deurhaak. So gebeur dit dat hy na 4 jaar, 9 maande en 4 dae die groot vraag vra waarop ek natuurlik dadelik ja sê.

Die groot beplanning wag toe op ons…. Gaan ons ‘n groot gedoente hê om die mense in ons lewens te “please” of gaan ons dit doen soos ons altyd wou, stil stil en net ons 2.

Na ‘n groot bespreking besluit ons toe dat dit net ons 2, ons ouerpare en die pastoor gaan wees. Ons volle gastelys bestaan toe op die einde uit 9 mense, wat ons insluit.

Die 1 groot versoek van manlief? Dat dit 4 Desember moet wees, aangesien dit reeds ons “anniversary” datum is, al val dit op ‘n Woensdag. Hoekom dan nou nie.

So nader ons Smitsfield Venue met ons idee en begin al ons geheime plannetjies mooi in plek val.

Op 4 Desember 2019 om 11:00 beloof ons trou aan mekaar in die teenwoordigheid van die pastoor, ons ouers en die Hemelse Vader. Bonus was die emmers vol reën (en daarmee saam emmers vol seën) wat daardie dag na ‘n hele ruk se hittegolwe in Ermelo oor ons dag geval het.

Die aand van die troue het ons eers die “announcement” gemaak dat ons getroud is, en watse skok was dit nie vir baie mense nie! Almal het nog gewag vir hul uitnodiging!

Met die hulp van al ons verskaffers was dit werklik “secretly said I do” en ons sal die dag vir niks en geen ander manier verruil nie.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


( R 1 = 1 stem/vote )

Tik die regte bedrag in.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Type in the correct amount.  No refunds will be done.


Vir EFT betalings gebruik die onderste kode as jou verwysing:
For EFT payments use the below code as your reference: 


TVJ190408


EFT STEM OPSIES /  EFT VOTE OPTIONS:

R 50 = 50 stemme/votes
R 100 = 100 stemme/votes
R 250 = 250 stemme/votes
R 500 = 500 stemme/votes
R 1 000 = 1 000 stemme/votes

Vir EFT betalings moet jy ‘n mimum van R 50 spandeer.

BANK BESONDERHEDE:

Rekening Houer:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Rekening Tipe:  Tjek Rekening
Rekening Nommer:  62528022792
Tak:  Sea-Point
Takkode:  250-655

Gebruik die korrekte verwysing nommer soos bo.  Indien jy nie die boonste verwysings nommer gebruik nie sal die paartjie nie hul stemme ontvang nie.
Geen terugbetalings sal gedoen word nie. 

For EFT payments you should spend a minimum of R 50.

BANKING DETAILS:

Account Holder:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Account Type:  Cheque Account
Account Number:  62528022792
Branch:  Sea-Point
Branch Code:  250-655

Make sure you use the correct reference number as above.  If you do not use the above reference number the couple will not receive their votes.
No refunds will be done.

 


Vir hulp stuur ‘n e-pos na trouevandiejaar@mooitroues.co.za
For assistance, please send an e-mail to trouevandiejaar@mooitroues.co.za


Diensverskaffers:

  • Blomme: Flower Box Ermelo
  • Dekor: Smitsfield Venue
  • Fotograaf: Mona-Liza Photography
  • Grimering: The Makeup Effect Ermelo
  • Hare: Ann-Marie Niemand
  • Huweliksbevestiger: Zd Buchling
  • Juweliersware: Bruid se eie
  • Trouring: Vrou: F Designs Nelspruit – Man: Sterns
  • Venue: Smitsfield Venue
  • Huwelik kontrak: Louwrens Koen Prokureurs