Louis & Louise De Bruyn

STORIE:


Ek en Louis het ‘n intieme plaastroue gehad, in Bronkhorstspruit met naaste familie en vriende. Ons is amptelik die 30 ste Desember getroud, maar het die seremonie en onthaal die 31ste Desember gehad. Ons pastoor is ‘n jeugvriend en oud inwoner van Bronkhorstspruit en dit was super spesiaal dat hy bereid was om ons “te trou”. Ons het 16:00 die middag getrou, juis omdat dit dan koeler sou wees. Min het ons geweet dat ons reen sou kry van vroeg oggend tot net voor ons troue. Dis asof die Hemele ons goed gesind was, want van half vier die middag tot vroeg die volgende oggend was dit mooi weer. My aantreklike bruidegom het op ‘n trekker by die venue aangekom, en ek en my twee bruidsmeisies het in ‘n vriend van ons se pragtige motor opgedaag. Ons het ‘n groot ou boom gehad as altaar en twee rye stoele op die gras uitgepak. Omdat dit so nat was moes ons maar koes-koes loop. Die onthaal het ons in ‘n groot tent gehou, met pragtige liggies wat alles omsoom het, net soos Elton John die karnaval beskryf in een van sy liedjies. Ons het blomme en kerse oral op die tafels gehad en lekker geeet, gekuier en gedans tot midernag toe, toe ons verras is deur vuurwerke in die agtergrond. Ons trou geselskap het bestaan uit Louis se beste vriend, my kleinsus, my pragtige dogter en my seun. My twee seuns het my die “kerk ingebring” op Handel se troumars en ons het die mooiste en lekkerste dag gehad met al ons naastes so lekker bymekaar en al die mooi fotos wat ons oulike fotograaf Jeanel Pretorius vir ons geneem het. Ons dag was so vol liefde en geluk en lag ons kon nie vir meer gevra het nie. Ons het meeste van die versiering en die blomme self gedoen. ‘N vriendin het vir my swart kerse gemaak waarmee dietafels versier was. Ons kleurskema was silwer, swart en goud. En net vir die pret het Louis en sy strooijonkers rooi strikdasse en bontkouse gedra. Ons het in egte boere tradisie lekker om die braaivleisvure gekuier. Dis mos nie aldag dat mens die oujaar uitgaan met so ‘n besondere gebeurtenis nie! En om dit behoorlik te vier was niks meer gepas as ‘n heerlike braai nie. Dit kon ook nie anders nie, die bruidegom en sy maaters is lief vir braai!!!

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


( R 1 = 1 stem/vote )

Tik die regte bedrag in.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Type in the correct amount.  No refunds will be done.


Vir EFT betalings gebruik die onderste kode as jou verwysing:
For EFT payments use the below code as your reference: 


TVJ190415


EFT STEM OPSIES /  EFT VOTE OPTIONS:

R 50 = 50 stemme/votes
R 100 = 100 stemme/votes
R 250 = 250 stemme/votes
R 500 = 500 stemme/votes
R 1 000 = 1 000 stemme/votes

Vir EFT betalings moet jy ‘n mimum van R 50 spandeer.

BANK BESONDERHEDE:

Rekening Houer:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Rekening Tipe:  Tjek Rekening
Rekening Nommer:  62528022792
Tak:  Sea-Point
Takkode:  250-655

Gebruik die korrekte verwysing nommer soos bo.  Indien jy nie die boonste verwysings nommer gebruik nie sal die paartjie nie hul stemme ontvang nie.
Geen terugbetalings sal gedoen word nie. 

For EFT payments you should spend a minimum of R 50.

BANKING DETAILS:

Account Holder:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Account Type:  Cheque Account
Account Number:  62528022792
Branch:  Sea-Point
Branch Code:  250-655

Make sure you use the correct reference number as above.  If you do not use the above reference number the couple will not receive their votes.
No refunds will be done.

 


Vir hulp stuur ‘n e-pos na trouevandiejaar@mooitroues.co.za
For assistance, please send an e-mail to trouevandiejaar@mooitroues.co.za


Diensverskaffers:

  • Blomme: My eie blomme uit die tuin en sonneblomme van die landerye op my swaer-hulle se plaas.
  • Bruidegom-pak: Netjiese chinos en ‘n lawwe hemp gekoop
  • Dekor: Eie swart tafeldoeke, silwer lanterns, feetjieliggies, swart kerse, en silwer en goue ornamentjies en potjies op die tafels vir souse en tandestokkies ens.
  • Fotograaf: Jeanel Pretorius
  • Gaste Geskenke: Meestal kontant.
  • Grimering: ELizabeth Strydom en myself
  • Hare: Myself
  • Huweliksbevestiger: Pastoor Jaco Minnie
  • Juweliersware: My eie perels, trouringe purple carrot
  • Trouring: Aluminium ringe van Purple carrot
  • Troukoek: Self gebak versier
  • Koördineerder: Myself
  • Musiek: Phillip De Bruyn
  • Skoene: Rage
  • Skryfbehoeftes: ANB skryfbehoeftes.
  • Strooimeisie-rokke: Gekoop
  • Tente: Billy van Wyk
  • Trourok: Eie skepping
  • Venue: Plaas Berzee te Bronkhorstspruit
  • Paartjie se verblyf: Ons eie huis
  • Vervoer: Gerrie Pretorius
  • Videograaf: Jeanel Pretorius
  • Wittebrood plek: Vriendin se plaas naby Richardsbaai