Lydia-Anne & Kobus de Wet

STORIE:


Ek en Kobus ken mekaar al sedert 2016 toe ek by Joshua Generation kerk aangesluit het. Ons was ook heel toevallig saam in dieselfde selgroep, so ons kon mekaar lekker op ‘n minder intimiderende manier beter leerken as vriende. Soos ek vir Kobus beter leerken het was daar iets wat my na hom toe aangetrek het, maar ons dames is mos geleer die man moet ons “persue” en dus het ek geduldig gewag.

Soos die tyd verbygegaan het, het die Here al meer vir Kobus op my hart gelê. Ek het selfs twee drome gehad waarin hy my gevra het om te trou. Ek het die Here keer op keer gevra of ek nie maar vir hom kan vertel van my gevoelens nie, maar die Here se antwoord was duidelik en altyd nee.

Twee jaar het ek geduldig gewag en uiteindelik in 2018 het Kobus my uitgevra op ons eerste afspraak. Uiteindelik het die Here hard en duidelik met hom gepraat oor my. Die man het ook nie gras onder sy voete laat groei nie en op die tweede afspraak het ons troudatums begin praat. Vir ons altwee was dit ‘n geval van… “As jy weet, weet jy verseker.” Toe ons amptelik begin uitgaan het, het’ n ander vriendin in kerk dit ook net bevestig. Die Here het vir haar ook, lank gelede, ‘n droom oor ons twee gegee.

Ek is so bly ek het vir my Kobus gewag. Die Here se tydsberekening was net so perfek, al was die wag nie altyd maklik nie. Nou het ek die man wat die Here vir my uitgekies en vir beter kan ek nie vra nie.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


( R 1 = 1 stem/vote )

Tik die regte bedrag in.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Type in the correct amount.  No refunds will be done.


Vir EFT betalings gebruik die onderste kode as jou verwysing:
For EFT payments use the below code as your reference: 


TVJ190457


EFT STEM OPSIES /  EFT VOTE OPTIONS:

R 50 = 50 stemme/votes
R 100 = 100 stemme/votes
R 250 = 250 stemme/votes
R 500 = 500 stemme/votes
R 1 000 = 1 000 stemme/votes

Vir EFT betalings moet jy ‘n mimum van R 50 spandeer.

BANK BESONDERHEDE:

Rekening Houer:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Rekening Tipe:  Tjek Rekening
Rekening Nommer:  62528022792
Tak:  Sea-Point
Takkode:  250-655

Gebruik die korrekte verwysing nommer soos bo.  Indien jy nie die boonste verwysings nommer gebruik nie sal die paartjie nie hul stemme ontvang nie.
Geen terugbetalings sal gedoen word nie. 

For EFT payments you should spend a minimum of R 50.

BANKING DETAILS:

Account Holder:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Account Type:  Cheque Account
Account Number:  62528022792
Branch:  Sea-Point
Branch Code:  250-655

Make sure you use the correct reference number as above.  If you do not use the above reference number the couple will not receive their votes.
No refunds will be done.

 


Vir hulp stuur ‘n e-pos na trouevandiejaar@mooitroues.co.za
For assistance, please send an e-mail to trouevandiejaar@mooitroues.co.za


Diensverskaffers:

  • Blomme: To Netts
  • Dekor: La Ferme Derik- Joline
  • Fotograaf: Lilac Photography
  • Grimering: Tittewyt Hair and Makeup
  • Huweliksbevestiger: Kevin Samuel
  • Troukoek: Familielid
  • Koördineerder: Dit was ‘n spanpoging 🙂
  • Strooimeisie-rokke: Infinity Dress South Africa
  • Trourok: Luzanne Barlow
  • Venue: La Ferme Derik, Paarl
  • Paartjie se verblyf: Nantes Vue, Paarl
  • Wittebrood plek: Elgin