Marco Gianni & Biance Nikite Olori

STORIE:


Ná wat gevoel het soos ’n eindelose maraton deur lovers lane, het ons moed opgegee met die idee van ’n troue in die stad. Ons vriende en familie moes hul tassies pak vir ’n troue op die platteland, net buitekant my grootword-dorp, Lydenburg. Ter voorstel van my ouers het ons ’n middag-affêre verruil vir ’n naweek troue waar alle etes aan gaste voorsien is. Van die gaste het Donderdag geariveer, ons ram- en hennepartytjie het Vrydagaand afgeskop saam met ons gaste om die braaivuur waar hulle mekaar beter leer ken het en die volgende dag het ons die knoop deurgehaak. Sondag oggend het almal mekaar gegroet met ’n ontbyt pakkie vir die pad.

Toe ons plan van aksie bevestig was met die venue, het die groot beplanning begin! Ek en my verloofde moes feitlik elke naweek van Pretoria met ’n propvol dagboek onder die arm huistoe reis. Die inkopielys was opgedeel tussen die dorp en stad, terwyl my ma die meerderheid van ons dekor getakel het met doen-dit-jouself idees. Koffieblikke is omskep in die mooiste blomfase, vlaggie baniere is uit ou boeke geknip, purity glasbotteltjies opgetert met vetplantjies vir gaste geskenkies en vele ander persoonlike fieterjasies wat bygedra het tot ons groot dag. My pa het ons tafel dekor uitgepluis en sy houtwerk vernuf uitgeoefen met inligting- en aanwysigingsborde, sowel as ’n koekstaander. My vintage sprokie het begin blom en die reuk van opgewondenheid het ons neuse begin kielie.

Ons spesiale dag het aangebreek en dit was niks minder as (soos die cliché lui) perfek nie! Maande se beplanning en jare se samewees het tot hiér gelei, waar my man aan die einde van die huwelik gang vir my wag. Ons het ewige trou aan mekaar beloof en dit geseël met ’n aand vol lag, dans, tradisies en een groot saamgegomde familie.

Sondag oggend, ná ons die koffie uitgespoeg het wat my tannie die vorige aand ketelwater met tequila verruil het, het ons gelag oor die ditjies en datjies van die vorige dag. Ons het hand-aan-hand die maraton deur lovers lane gehardloop tot hier, en die uitsig van hiér is presies wat ons wou aanskou!

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


( R 1 = 1 stem/vote )

Tik die regte bedrag in.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Type in the correct amount.  No refunds will be done.


Vir EFT betalings gebruik die onderste kode as jou verwysing:
For EFT payments use the below code as your reference: 


TVJ190497


EFT STEM OPSIES /  EFT VOTE OPTIONS:

R 50 = 50 stemme/votes
R 100 = 100 stemme/votes
R 250 = 250 stemme/votes
R 500 = 500 stemme/votes
R 1 000 = 1 000 stemme/votes

Vir EFT betalings moet jy ‘n mimum van R 50 spandeer.

BANK BESONDERHEDE:

Rekening Houer:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Rekening Tipe:  Tjek Rekening
Rekening Nommer:  62528022792
Tak:  Sea-Point
Takkode:  250-655

Gebruik die korrekte verwysing nommer soos bo.  Indien jy nie die boonste verwysings nommer gebruik nie sal die paartjie nie hul stemme ontvang nie.
Geen terugbetalings sal gedoen word nie. 

For EFT payments you should spend a minimum of R 50.

BANKING DETAILS:

Account Holder:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Account Type:  Cheque Account
Account Number:  62528022792
Branch:  Sea-Point
Branch Code:  250-655

Make sure you use the correct reference number as above.  If you do not use the above reference number the couple will not receive their votes.
No refunds will be done.

 


Vir hulp stuur ‘n e-pos na trouevandiejaar@mooitroues.co.za
For assistance, please send an e-mail to trouevandiejaar@mooitroues.co.za


 

Diensverskaffers:

  • Blomme: Maliflora Lydenburg
  • Bruidegom-pak: Markhams Pretoria
  • Dekor: @Boshoek & DIY
  • Fotograaf: Des Jacobs Photography
  • Gaste Geskenke: DIY (Reinet Bell- ma van die bruid)
  • Grimering: Talisha Steyn (vriendin)
  • Hare: Sleek Scissors Lydenburg
  • Huurdienste: Geen
  • Huweliksbevestiger: Pastoor Andre Hanekom van Lydenburg
  • Juweliersware: Ma van die bruid se trou juwele
  • Trouring: Browns (bruid) & Deonne le Roux (bruidegom)
  • Troukoek: Cake Time Lydenburg
  • Koördineerder: @Boshoek
  • Musiek: Ettienne
  • Platejoggie: Ettienne
  • Skoene: Eie (bruid) en Woolworths (bruidegom)
  • Skryfbehoeftes: BigDoor Brand Design & Communication, AGJW Lydenburg & Amajaybee Lydenburg
  • Strooimeisie-rokke: Gelique Couture Pretoria
  • Tente: @Boshoek
  • Trourok: The Bridal Secret Pretoria
  • Venue: @Boshoek
  • Paartjie se verblyf: @Boshoek
  • Vermaak: Hennie Wood (MC)
  • Vervoer: @Boshoek se troukar
  • Videograaf: Geen
  • Huwelik kontrak: J du Preez Prokureurs Pretoria
  • Wittebrood plek: AfriCamps Mackers in Hazyview & Dunkeld Country Estate in Dullstroom