Marzanne & Carl Johan Altin

STORIE:


Vrouedag behoort mos op geen ander manier gevier te word as ‘n troudag nie.

‘n Vakansie dag elke jaar op ons huweliksherdenking. Wat ‘n bonus. Elke dogtertjie droom oor haar troudag en ons troudag was alles en meer waaroor ons ooit kon droom. Die dag was gevul met soveel liefde en geluk.

Ons het besluit om by Lace on Timber te trou omdat dit vir ons ‘n gevoel gegee het van bos met styl. Die Kapel is verseker iets om oor huis toe te skryf. Ek het in Marble Hall groot geword, ‘n regte klein plaasdorpie en wou graag iets van my kinderdae deel hê van ons troue. Ons bly eintlik in die Kaap maar Pretoria lê vir ons baie naby aan die hart en ons kon nie anders as om die wynplase te ruil vir die stad se liggies en bos gevoel nie.

Ek het so uitgesien om by Carl Johan in die kerk te kom. Ek kon nie wag om hom te sien nie. Die oomblikke was so groot. Van die eerste oomblik wat my pa my in my trourok sien tot die aand wat ek en Carl Johan ons laaste dans gedans het. Ek onthou nou nog hoe ek met elke een van die spesiale gebeure gevoel het. Ek kan nie dink aan ‘n lekkerder gevoel as om in die kerk af te stap na die beste besluit van jou toekoms nie.

Dit was so ‘n groot voorreg vir my om ‘n Anel Botha trourok te kon dra. Ek bedoel! Ek is seker dit is enige meisie se droom. My rok was absoluut perfek.
Mens kon vir Carl Johan deur ‘n ring trek met sy spoggerige pak van Ted Baker.

Ons was bevoorreg vir ons familie uit Kanada, Australie en Dubai wat hierdie dag saam ons kon vier het. 160 gaste het laatweet hulle kom en 160 gaste het opgedaag. Wat ‘n voorreg!

Een van die grootste spesiaalste oomblikke vir my was dat my pa saam my die padjie in die kerk kon afstap. My pa was ‘n paar jaar terug in ‘n groot motorongeluk waar hy verskeie ernstige beserings opgedoen het. Dit het my pa langer as ‘n jaar gevat om weer normaal te kon loop sonder enige hulp. My pa het laasjaar nog gesukkel om lang afstande te loop en self die ent in die kerk in sou vir hom moeilik wees. Ek was so geseën dat my pa dit saam my kon doen en self saam my die pa en dogter dans kon doen wat ook op ‘n stadium buite die kwessie was.

As ons onself kry kyk ons na ons video. Die mooiste herinneringe wat ons oor en oor wil beleef. Ons troue was verseker vir ons ‘n hoogtepunt! Die mooiste dag! Ons sprokies dag.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


( R 1 = 1 stem/vote )

Tik die regte bedrag in.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Type in the correct amount.  No refunds will be done.


Vir EFT betalings gebruik die onderste kode as jou verwysing:
For EFT payments use the below code as your reference: 


TVJ190277


EFT STEM OPSIES /  EFT VOTE OPTIONS:

R 50 = 50 stemme/votes
R 100 = 100 stemme/votes
R 250 = 250 stemme/votes
R 500 = 500 stemme/votes
R 1 000 = 1 000 stemme/votes

Vir EFT betalings moet jy ‘n mimum van R 50 spandeer.

BANK BESONDERHEDE:

Rekening Houer:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Rekening Tipe:  Tjek Rekening
Rekening Nommer:  62528022792
Tak:  Sea-Point
Takkode:  250-655

Gebruik die korrekte verwysing nommer soos bo.  Indien jy nie die boonste verwysings nommer gebruik nie sal die paartjie nie hul stemme ontvang nie.
Geen terugbetalings sal gedoen word nie. 

For EFT payments you should spend a minimum of R 50.

BANKING DETAILS:

Account Holder:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Account Type:  Cheque Account
Account Number:  62528022792
Branch:  Sea-Point
Branch Code:  250-655

Make sure you use the correct reference number as above.  If you do not use the above reference number the couple will not receive their votes.
No refunds will be done.

 


Vir hulp stuur ‘n e-pos na trouevandiejaar@mooitroues.co.za
For assistance, please send an e-mail to trouevandiejaar@mooitroues.co.za


Diensverskaffers:

  • Blomme: Estie van Wyk
  • Bruidegom-pak: Ted Baker
  • Dekor: Belle Doux, Estie van Wyk
  • Fotograaf: Photo Chanelle
  • Gaste Geskenke: –
  • Grimering: Make Up with Tylah
  • Hare: The hair Scene
  • Huurdienste: –
  • Huweliksbevestiger: Dr Johan Koekemoer
  • Juweliersware: Jenna Cliffort
  • Trouring: Your Diamonds
  • Troukoek: Tina
  • Koördineerder: Lace on Timber
  • Musiek: Willie van Wyk
  • Platejoggie: Mega Music
  • Skoene: Call it Spring
  • Skryfbehoeftes: Wiehan De Jager
  • Strooimeisie-rokke: Yde, Ciska Barnard couture
  • Tente: –
  • Trourok: Anel Botha
  • Venue: Lace on Timber
  • Paartjie se verblyf: Lace on Timber
  • Vermaak: –
  • Vervoer: –
  • Videograaf: Christiaan Davids Videography
  • Huwelik kontrak: Willie Nel
  • Wittebrood plek: Maldives- Adaaran Club Rannalhi