Niël & Chari Vorster

STORIE:


In my wildste drome het ek nooit gedink dat ek met my beste vriendin se boetie sal trou nie, maar na jare se wonder oor mekaar en ons eerste soen agter ‘n spyskaart, is die res geskiedenis.

My man het altyd gesê dat hy “eendag op ‘n reëndag” sal trou, en dit is presies hoe ons troue begin het.

Ons het ‘n naweek troue gehad. Die feesvieringe het reeds die Vrydagaand begin waar familie wat mekaar jare laas gesien het gesellig was asof hulle nooit weg van mekaar was nie en daar is lewenslange vriendskappe gevorm. Die volgende oggend het die gevoel van eenheid en samesyn net versterk toe al die gaste met trotse harte die Springbokke in die Wêreldbeker finaal ondersteun het.

Ek, my ma, skoonma en bruidsmeisies het rustig die oggend begin voorberei met die Wilge rivier wat in die agtergrond vloei na die reën in die oggendure. Met ‘n warboel van emosies het die oggend in ‘n flits verbygegaan, maar toe ek ‘n klop aan die deur hoor voordat ons moes begin af beweeg na die seremonie en my skoonpa in die deur sien, het my koppie oorgeloop. My eerste ‘reveal’ was aan hom gewees om ons albei se senuwees te kalmeer voordat hy vir my en Niël in die huwelik bevestig het. My ma het my toe kom haal en gesê dat my pa vir my op die stoep wag. Toe ek by die hout deure uitloop na die stoep wat op die rivier uitkyk en my pa omdraai om vir my te kyk, kon niemand meer hul trane keer nie. Dit was vir my een van die spesiaalste oomblikke van my troudag.

Met ‘n bang, opgewnde hart het ek en my gevolg na die Tolbos kapel gestap tot voor die dubbeldeure. Toe die klok lui en die deure oopmaak het my pa my hand ‘n stywe druk gegeen en my in die paadjie afgelei na my droom man. Voordat my skoonpa ons in die huwelik bevestig het is ons toegesing deur my beste vriendin/skoonsussie en swaer. Dit was ‘n emosionele seremonie met ‘n mengsel van lag, trane en tonne liefde.

Terwyl ek en my man fotos geneem het, het die gaste opgestap in die paadjie na die onthaal, elk met ‘n ‘ys lollie’ in die hand en het hulle eetgoed en speletjies geniet wat deur die venue verskaf is. Daarna het almal in die saal van my drome inbeweeg waar ons gedans het en partytjie gehou het. Die feesvieringe het tot in die oggendure voortgegaan om ‘n bonfire in die boma by die rivier.

Wat ‘n ongelooflike spesiale dag.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


( R 1 = 1 stem/vote )

Tik die regte bedrag in.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Type in the correct amount.  No refunds will be done.


Vir EFT betalings gebruik die onderste kode as jou verwysing:
For EFT payments use the below code as your reference: 


TVJ190442


EFT STEM OPSIES /  EFT VOTE OPTIONS:

R 50 = 50 stemme/votes
R 100 = 100 stemme/votes
R 250 = 250 stemme/votes
R 500 = 500 stemme/votes
R 1 000 = 1 000 stemme/votes

Vir EFT betalings moet jy ‘n mimum van R 50 spandeer.

BANK BESONDERHEDE:

Rekening Houer:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Rekening Tipe:  Tjek Rekening
Rekening Nommer:  62528022792
Tak:  Sea-Point
Takkode:  250-655

Gebruik die korrekte verwysing nommer soos bo.  Indien jy nie die boonste verwysings nommer gebruik nie sal die paartjie nie hul stemme ontvang nie.
Geen terugbetalings sal gedoen word nie. 

For EFT payments you should spend a minimum of R 50.

BANKING DETAILS:

Account Holder:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Account Type:  Cheque Account
Account Number:  62528022792
Branch:  Sea-Point
Branch Code:  250-655

Make sure you use the correct reference number as above.  If you do not use the above reference number the couple will not receive their votes.
No refunds will be done.

 


Vir hulp stuur ‘n e-pos na trouevandiejaar@mooitroues.co.za
For assistance, please send an e-mail to trouevandiejaar@mooitroues.co.za


Diensverskaffers:

  • Blomme: Meulstroom lodge
  • Bruidegom-pak: Black Tie
  • Dekor: Meulstroom lodge
  • Fotograaf: The Geldenhuys’
  • Gaste Geskenke: Blommie
  • Grimering: Meilene King Makeup Artistry
  • Huurdienste: The Frozen Foundry
  • Huweliksbevestiger: Alwyn Vorster
  • Juweliersware: Lovisa
  • Trouring: Poggenpoel Jewellery
  • Troukoek: Rene Grey
  • Koördineerder: Vivia Joubert (Meulstroom Lodge)
  • Musiek: AMA Productions
  • Platejoggie: AMA Productions
  • Skoene: OPARI
  • Strooimeisie-rokke: Nanda Cloete
  • Trourok: Vonve Bridal Couture
  • Venue: Meulstroom lodge
  • Paartjie se verblyf: Meulstroom lodge
  • Huwelik kontrak: SBP Prokureurs
  • Wittebrood plek: Zanzibar, Dream of Zanzibar