Petrus & Johanita Schietekat

STORIE:

Uiteindelik breek ons groot dag aan op 3 Augustus 2019. Die mooiste weer waarvoor ons kon vra – na die vorige aand se ysige wind…

Ek, die bruid, kon al van 04:00 af nie slaap nie en gaan skryf my toespraak al vir die hoeveelste keer oor.

Om 15:30 klim ek uit die troukar, geparkeer op die nou bospaadjie waarlangs ek moet stap. Die bos-troue waarvan ek al so lankal droom. Die trane sit vlak. My hart klop in my keel. My bruidsmeisie, beste vriendin, se ek moet diep asem haal en sê: “glimlag asseblief as jy in die paadjie afstap. Glo my net, dit maak beter fotos as n rooi gehuilde gesig”.

Ek begin stap en sien al die mense. My trane sluk ek terug en besluit om na goeie raad te luister – en ek glimlag. My Pa neem my aan my arm. Eers stap my 2 pragtige seuns, daarna Candice… en toe begin ek en my Pa stap…. Ek sien my bruidegom, Petrus, en alles wat verder gebeur het was soos een ongelooflike mooi droom. Ons was uiteindelik Mnr. en Mev. Schietekat.

Absoluut alles het perfek afgeloop (al was dit nie alles perfek nie). Ons het ons dag saam met ons naaste familie en goeie vriende gedeel. Net 50 mense, maar dit was ons 50 harts-mense!!

Vir Petrus was 2019 een massiewe GROOT jaar. Op 1 Junie 2019 het hy 40 geword, 1 Julie 2019 het hy sy eie besigheid begin en op 3 Augustus 2019 is ons getroud – hy was nog nie voorheen getroud nie.

Ons kon nie nou bekostig om op honeymoon te gaan nie. Die troue op sigself was n groot uitgawe (as mens so laat in jou lewe trou, betaal jy maar self die meeste uitgawes), maar dit is ook nie maklik om n eie besigheid te begin nie. Dit het maar sy eie uitdagings en uitgawes. Ons het dus saam besluit dat ons op n latere stadium op honeymoon sal gaan.

Deur hierdie kompetisie te wen, sal dit dus vir ons die honeymoon gee wat ons nog nie kon hê nie!

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


( R 1 = 1 stem/vote )

Tik die regte bedrag in.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Type in the correct amount.  No refunds will be done.


Vir EFT betalings gebruik die onderste kode as jou verwysing:
For EFT payments use the below code as your reference: 


TVJ190117


EFT STEM OPSIES /  EFT VOTE OPTIONS:

R 50 = 50 stemme/votes
R 100 = 100 stemme/votes
R 250 = 250 stemme/votes
R 500 = 500 stemme/votes
R 1 000 = 1 000 stemme/votes

Vir EFT betalings moet jy ‘n mimum van R 50 spandeer.

BANK BESONDERHEDE:

Rekening Houer:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Rekening Tipe:  Tjek Rekening
Rekening Nommer:  62528022792
Tak:  Sea-Point
Takkode:  250-655

Gebruik die korrekte verwysing nommer soos bo.  Indien jy nie die boonste verwysings nommer gebruik nie sal die paartjie nie hul stemme ontvang nie.
Geen terugbetalings sal gedoen word nie. 

For EFT payments you should spend a minimum of R 50.

BANKING DETAILS:

Account Holder:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Account Type:  Cheque Account
Account Number:  62528022792
Branch:  Sea-Point
Branch Code:  250-655

Make sure you use the correct reference number as above.  If you do not use the above reference number the couple will not receive their votes.
No refunds will be done.

 


Vir hulp stuur ‘n e-pos na trouevandiejaar@mooitroues.co.za
For assistance, please send an e-mail to trouevandiejaar@mooitroues.co.za


 

Diensverskaffers:

  • Venue: Panorama Wedding Venue – Franskraal
  • Hare & Grimering: Michelle Rossouw en Leandri Schietekat
  • Troukoek: Anel Botha
  • Fotograaf: Sonja Walker van Captured Photography
  • DJ: Leon Carstens
  • Spitbraai van skaap: Oom Hannes
  • Bykosse en nagereg: Panorama Wedding Venue