Philip & Mariné Trenwith

STORIE:


In 2016, nog voor ek vir Philip leer ken het, het ek ‘n visie gehad van hoe my troue moet wees. Ek het vir 3 jaar oor die sonsopkoms-troue in ‘n woud gedroom en toe my ‘Prince Charming’ opdaag kon ek nie wag om te begin beplan nie.

Ons klein en intieme troue, met 50 van ons naaste familie en vriende het al Vrydag die 26ste April begin toe almal in Grabouw aangekom het.

Ons het probeer om soveel as moontlik self te doen en dit was werklik ‘n spesiale tyd vir my. Ek en my ma het baie beplanning-sessies gehad en dit was vir my ekstra spesiaal omdat ek na die troue moes wegtrek van haar. Vir my was dit vir oulaas ‘n projek wat ek en sy saam kon doen terwyl ek onder haar dak gebly het.

Ons seremonie was 08:00 op die Saterdag oggend en daarom moes ons al die voorbereiding en dekor Vrydagmiddag klaar gedoen het. Dit was weereens ‘n spanpoging tussen my ma, my suster, Karen van The Cutting Board Catering en die bruid en bruidegom. Ons het eenvoudige dekor gekies omdat dit ‘n buitelig seremonie en onthaal was en die natuur die meeste van die mooimaak werk reeds  vir ons gedoen het.

Ek en my drie susters (en my strooimeisies) het Vrydagaand by ‘n huisie op die plaas langsaan die venue oorgebly en dit was net so spesiaal lekker te kan lag en kuier tot laat in die aand.  My sussie, Zenke, wat toe 32 weke swanger was, het die vier van ons se hare en grimering gedoen en om dit te kon regkry moes sy 03:00 daardie oggend (nag) al opstaan om te begin. Nie een van my susters is oggend mense nie, so ek het almal se slaapopoffering so waardeer. Ons fotograaf het 06:00 kom foto’s neem en teen 07:00 het die spesiaalste deel van die troue aangebreek. Dit waaroor ek al so lank gedroom het; ‘n profetiese aksie saam met my amper-man in die woud.

Ons het besluit om eerder voor die seremonie foto’s te neem omdat ons soveel moontlik tyd saam met ons gaste wou spandeer en dit het vir my kans gegee om die visie wat ek al so lank saamdra, uit te voer.

My ma het vir my ‘n mantel gemaak wat ek oor my trourok aantrek het.  Vir my was dit simbolies dat my ma my klee met Spreuke 31:25 se ‘krag’ en ‘waardigheid’. My ma het my grootgemaak en gevorm om die vrou wie ek vandag is te wees en ek wou graag daardie identiteit soos ‘n mantel om my dra soos ek die nuwe fase van my lewe betree.

Die lantern is ‘n simbool dat ek, as ligdraer, altyd met God se leiding, die lig in ons huwelik sal bring, of dit vir wysheid, rigting of die onthulling van waarheid is. God het ons waarlik geseën met die ongelooflikste tyd. Ek kyk na die foto’s en soveel Skrif kom na my en seën my met die wete dat Hy DAAR was en so ook elke dag SAAM met ons die wonderlike pad van die huwelik stap.

Na die foto’s is Philip terug na die venue en het ek die mantel vir ‘n sluier verruil, sodat ek tog bietjie anders lyk wanneer ek in die paadjie afstap.  Ek en my strooimeisies het ingeloop op Joshua na die Reën en Lizandra Winter se weergawe van Christa Steyn se “Ek wil vir jou”.

Na die seremonie het ons ‘n ‘brunch’ voorgesit met lekker ontbyt kos, soos wafels, croissants, muesli en jogurt, smoothies, vrugtesap en nog meer. Ons het ook ‘n barista gehad wat heerlike koffie bedien het vir die wat nog hul kaffeÏn inspuiting nodig gehad het.

Teen 11:00 het die gaste verdaag en bietjie gaan rus na die vroeg opstaan en ons het nog ‘n paar foto’s gaan neem.

Om die kuier nog uit te rek het ons 17:00 die middag ‘n lekker informele braai gehou met grasperk speletjies en ‘n lekker kuier atmosfeer. Die braai het ons kans gegee om ons troudag saam met ons gaste te geniet, sonder om bekommerd te wees oor die reëlings en wat kan skeefloop.

Ons troue was uit en uit die spesiaalste dag van my lewe. Elkeen van ons gaste  se teenwoordigheid het ons diep geseën en die afloop van die dag is meer as wat ek ooit oor kon droom. Ek kyk terug na die foto’s en koester elke oomblik daarvan. Wat ‘n besonderse begin van ‘n leeftyd se avonture as man en vrou.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


( R 1 = 1 stem/vote )

Tik die regte bedrag in.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Type in the correct amount.  No refunds will be done.


Vir EFT betalings gebruik die onderste kode as jou verwysing:
For EFT payments use the below code as your reference: 


TVJ190152


EFT STEM OPSIES /  EFT VOTE OPTIONS:

R 50 = 50 stemme/votes
R 100 = 100 stemme/votes
R 250 = 250 stemme/votes
R 500 = 500 stemme/votes
R 1 000 = 1 000 stemme/votes

Vir EFT betalings moet jy ‘n mimum van R 50 spandeer.

BANK BESONDERHEDE:

Rekening Houer:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Rekening Tipe:  Tjek Rekening
Rekening Nommer:  62528022792
Tak:  Sea-Point
Takkode:  250-655

Gebruik die korrekte verwysing nommer soos bo.  Indien jy nie die boonste verwysings nommer gebruik nie sal die paartjie nie hul stemme ontvang nie.
Geen terugbetalings sal gedoen word nie. 

For EFT payments you should spend a minimum of R 50.

BANKING DETAILS:

Account Holder:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Account Type:  Cheque Account
Account Number:  62528022792
Branch:  Sea-Point
Branch Code:  250-655

Make sure you use the correct reference number as above.  If you do not use the above reference number the couple will not receive their votes.
No refunds will be done.

 


Vir hulp stuur ‘n e-pos na trouevandiejaar@mooitroues.co.za
For assistance, please send an e-mail to trouevandiejaar@mooitroues.co.za


Diensverskaffers:

  • The Cutting Board Catering, Irma Duvenage Al die kos en vrugtesap
  • Balance Coffee Roastery, Dirk du Toit Koffie stasie
  • Richelle’s Wedding Dresses, Annemarie van Rhyn Trourok
  • Inn on Highlands, Keith Jarratt Venue
  • Liesl Basson Photography
  • Hildegard le Roux Ontwerp van skryfbehoeftes en troukoerant
  • Anna Sewing Studio, Annatjie Waddington Strooimeisie rokke
  • To-Netts Verhuring van eetgerei, dekor items en doen van alle blomme
  • Zenke Linde Grimmering en hare
  • Soet Cakes Troukoeke
  • Pampoenspook Gegrafeerde potlode en knipmesse vir geskenke vir Pa’s