Ruan & Marline van Heerden

STORIE:


Wat ‘n wonderlike dag was dit nie om te trou nie, 30 Maart 2019. Die weer was perfek, alhoewel ons in ‘n asemrowende kapel getrou het op die terrein, het die sagte briesie wat deur die woud se bome gewaai het ‘n ligte droë meubels en hout reuk versprei, dit het die perfekte atmosfeer geskep vir die verrigtinge na die seremonie.

Almal van ons het al daardie gevoel gekry binne jou voor ‘n groot byeenkoms in sport waarin jy deelneem of deur die afwagting van daardie spesiale verhoging in jou werksplek of selfs enige iets wat jou al “butterflies” gegee het. Wel dit kom nie naby aan hoe ek as bruidegom gevoel het toe ek moes wag om om te draai en my bruid te sien daar staan nie. Dis ‘n onbeskryflike gevoel en ja, die bruidegom kon nie die trane in hou nie.

Sagte klassieke musiek het in die agtergrond gespeel vir die gaste terwyl hulle peuselhappies geniet het en ons die mooiste foto’s gaan neem het in die woud wat selfs rooikappie sal waardeer.

Die onthaal het afgeloop in ‘n elegante gras dak saal; met “sleeper” hout tafels, sagte hout kroeg, ‘n dansvloer wat se hout blink gevee is en natuurlik liggies orals, wat ‘n bruid weer soos ‘n prinses sal laat voel met alles gerig op haar.

Die verrassing vir die aand was ‘n beplande “Macarena Mambo” dans deur die bruidegom en een van die strooijonkers, totdat die seremoniemeester die bruid oorreed het dat dit sonder hemde gedoen moet word vir so bietjie meer opwinding en dalk ‘n ekstra geldjie. Gaste het gelag, sommiges gehuil soos hulle lag vir die dans en die besluit het toe vir goeie vermaak gebied.

Die dag tot dusver was romanties, elegant, prettig, opwindend, skilderagtig (veral my bruid), uniek, kan nog aangaan – maar toe die eerste dans kom toe is daar nie meer woorde nie. Om as man en vrou in mekaar se hande in te vou en jou eerste dans as getroudes te neem, met al ons geliefdes om ons en roosblare wat op ons neerval slaan kan nie beskryf word nie.

Na die gooi van die ruiker en kousband het selfs die skaam en teruggetrokke gaste hulle dans style op die dansvloer gewys. Om te sien dat die gaste die dag net soveel geniet soos die getroude paartjie sal enige iemand gelukkig maak.

Wonderlike familie en vriende, uitstekende seremoniemeester, opregte toesprake na aan die hart, smaakvolle voedsel en goeie musiek het vir ‘n uitstekende aand gemaak.

Die woorde, ‘Dit voel soos ‘n feeverhaal’, word partykeer te maklik gebruik, maar op die dag was dit definitief

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


( R 1 = 1 stem/vote )

Tik die regte bedrag in.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Type in the correct amount.  No refunds will be done.


Vir EFT betalings gebruik die onderste kode as jou verwysing:
For EFT payments use the below code as your reference: 


TVJ190126


EFT STEM OPSIES /  EFT VOTE OPTIONS:

R 50 = 50 stemme/votes
R 100 = 100 stemme/votes
R 250 = 250 stemme/votes
R 500 = 500 stemme/votes
R 1 000 = 1 000 stemme/votes

Vir EFT betalings moet jy ‘n mimum van R 50 spandeer.

BANK BESONDERHEDE:

Rekening Houer:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Rekening Tipe:  Tjek Rekening
Rekening Nommer:  62528022792
Tak:  Sea-Point
Takkode:  250-655

Gebruik die korrekte verwysing nommer soos bo.  Indien jy nie die boonste verwysings nommer gebruik nie sal die paartjie nie hul stemme ontvang nie.
Geen terugbetalings sal gedoen word nie. 

For EFT payments you should spend a minimum of R 50.

BANKING DETAILS:

Account Holder:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Account Type:  Cheque Account
Account Number:  62528022792
Branch:  Sea-Point
Branch Code:  250-655

Make sure you use the correct reference number as above.  If you do not use the above reference number the couple will not receive their votes.
No refunds will be done.

 


Vir hulp stuur ‘n e-pos na trouevandiejaar@mooitroues.co.za
For assistance, please send an e-mail to trouevandiejaar@mooitroues.co.za


die waarheid.

STEM VIR DIE PAARTJIE:


Stemme maak 7 Maart 2020 oop.  Klik hier om opteken om ‘n herinnering per e-pos te kry.

Diensverskaffers:

  • Fotograaf: Gareth Digital Photography
  • Venue: Galagos Country Estate
  • Blomme: Tia’s Flower Hyper
  • “Stationary” en Dankie sê Geskenke: Allora Collections
  • Videograaf: Smith Films
  • Trou Rok: Immagika Creative Design
  • Pak: Smart Guy Centurion
  • Belde en Bykomstighede: Adrienne V
  • Beligting: Soft Light Events