Stephan & Dannel Malan

STORIE:


Ons trou storie het begin by n Desember fling (2013) ons kon nie genoeg van mekaar kry nie wat ly na n verlowing in Hermanus by cancun caves (2017) net soos wat ons begin beplan aan ons trou dag word ons ook veras met ons eerste ling Daniel nie te lank daar na nie (Behoorlik pens en poetjies in die verhaal in geklim) .

Maar wag toe breek die dag uiteindelik aan, nie net enige dag nie maar die dag wat elke vrou van droom van klein tyd af…

Die MALAN Bruilof …14.09.2019

n Dag wat ons een word… n feesviering van ons liefde en ons beloftes aan mekaar en God.

Die stres het behoorlik hoog geloop met die reg maak slag, al die trou reëlings wat ons maande al beplan wat dwaal in ons koppe maar ons word rustig om te weet daar is net een ding wat belangrik is en dis die persoon wat ons ons lewens maat noem na vandag .

Ek en Stephan was so bevoorreg om die dag te begin saam die bruids meisies en strooi jonkers wat ons albei by gestaan het en die dag net nog meer spesiaal gemaak het .

3:00 die middag op 14 September 2019 het ek die pad na die kansel begin loop na die man van my drome en met die lig in my lewe langs my die man wie ek altyd sal lief hê die man wat sy 3de en laaste dogter by die kansel af gee my pa .

Met die pad wat tot op en einde kom en die smile op my amper man se gesig en sy blou oe wat wil wil begin traan hoe nader ek aan gestap kom. Met die laaste tree is daar n hand skud en groot omhels wat voor my plaasvind tussen my amper man en my geliefde pa Dit gee my toe net nog meer versekering dat Stephan deel van ons is en dat hy aanvaar word en my pa my af gee vandag aan n man wat hy weet my lief het en na my sal omsien en saam my sal staan deer dik en dun.

Ons tyd voor die kansel en ons bevestiging was vinnig verby met vriende en familie ,harts mense om ons wat ons huwelik bevestiging waarneem voor ds Gert wat nou al 3 dogters getrou het ons verkondig as Mr en Mev Malan en ons n lekker intieme soen en glimlag deel.

Na die dokumentasie af gehandel is was dit tyd vir die konfetti seremonie, gewoonlik was dit ons wat in die ry gestaan het om konfetti te gooi maar van dag was dit ons beurt om die trou tradisie te beleef … droë goue roos blare wat heen en weer vlieg van alle kante af wat orals behalwe ons voete tref, om net aan die einde te kom en die roosblare wat oor gebly het als bo oor ons gegooi word deur vriende wat als net nog meer pret gemaak het … And now the digging begins want daar is roos blare in ons hare, binne Stephan se hemp en orals binne in my rok… plekke waar rose gewoonlik nie sal blom nie …

Ons het tyd gehad om al ons vriende en familie te groet en n drankie te geniet saam hulle en ook gou van die Amazing Canapes geeet wat Paulina Schreuder gemaak het net voor ons die fotos gaan neem.

Die fotos was ook vinnig afgehandel met n fotograaf soos Riaan West wat al weet hoe die trou foto ding werk en net hier na het ons gaste ons verwelkom in die saal wat ons asem weg geslaan het en ons visie wat ons beplan het vir maande saam Nico by N concepts met ons eie oe waar te neem met die rol bosse wat uit die dak hang wat ons spesiaal van Calitzdorp af laat ry het van ons plaas af waar ons bly en net weereens die iconic woorde Mr en Mev Malan te hoor soos ons instap .

Ons het vinnig al die formaliteite afgehandel soos die koek se sny en toesprake want ons het nog baie tyd om ons liefde vir mekaar te verklaar, na die toesprake het ons toe die ete ook begin want ons kon nie meer wag vir die spuiskaart wat ons uit gesit het nie … ons het gekies om n “buffet to the table” te doen om die geselligheid en gevoel van familie en vriend wat saam aan tafel sit en eet te kry soos wat dit gedoen sal word op n Sondag middag by jou ma se huis , en man o man was die kos uit die boeke uit Paulina Schreuder het haar self weereens oortref met die kos net soos sy gemaak het by die ander 2 susters se troues , almal het hulle vingers af geëet en ek moet se dis die eerste trou waar by ek was wat almal gesit en eet het .

Nou was dit tyd vir die “First dance” en die aans vloer se open met die fees wat nou amptelik begin, ons het ons dans begin en so paar draaie swaaie en n paar grappies later ons ons gevolg by ons aansluit en ons het nie op gehou met die feesviering tot laat nag nie.

Die ruiker en garter se gooi was later afgehandel ons het gevra dat al die mans en vrouens moet deel neem aan die pret nie net die ongetroues nie … my skoonma het die ruiker gevang en een van Stephan se strooi jonkers het die garter gevang ons het eerlik waar n fees van n tyd gehad en die dag het als en meer uit gedraai as wat ons gedink het dit sou en ons het elke oomblikke saam geniet saam vriende en familie die mense wat ons lief het .

Ons 2 het ons aand afgesluit by steers vir roomys en n burger en toe eers ons honeymoon suite gaan besoek en ons eerste aand as man en vrou saam spandeer … Die Malans se storie het geëindig met Mr en Mev Malan en 2 jarige Daniel in een bed. Geen honeymoon vir ons nie die plaas het gewag en ons lewe het sy nuwe normaal begin.

Ons is nou 5 maande getroud en die liefde loop steeds hoog en ook die Swangerskap se hormone want ons is weer geseën met n klein lyfie wat einde Augustus ontmoet sal word … net nog meer liefde vir die Malan’s.

Dis Die Malans se trou storie

#takemetoMALAN

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


( R 1 = 1 stem/vote )

Tik die regte bedrag in.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Type in the correct amount.  No refunds will be done.


Vir EFT betalings gebruik die onderste kode as jou verwysing:
For EFT payments use the below code as your reference: 


TVJ190362


EFT STEM OPSIES /  EFT VOTE OPTIONS:

R 50 = 50 stemme/votes
R 100 = 100 stemme/votes
R 250 = 250 stemme/votes
R 500 = 500 stemme/votes
R 1 000 = 1 000 stemme/votes

Vir EFT betalings moet jy ‘n mimum van R 50 spandeer.

BANK BESONDERHEDE:

Rekening Houer:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Rekening Tipe:  Tjek Rekening
Rekening Nommer:  62528022792
Tak:  Sea-Point
Takkode:  250-655

Gebruik die korrekte verwysing nommer soos bo.  Indien jy nie die boonste verwysings nommer gebruik nie sal die paartjie nie hul stemme ontvang nie.
Geen terugbetalings sal gedoen word nie. 

For EFT payments you should spend a minimum of R 50.

BANKING DETAILS:

Account Holder:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Account Type:  Cheque Account
Account Number:  62528022792
Branch:  Sea-Point
Branch Code:  250-655

Make sure you use the correct reference number as above.  If you do not use the above reference number the couple will not receive their votes.
No refunds will be done.

 


Vir hulp stuur ‘n e-pos na trouevandiejaar@mooitroues.co.za
For assistance, please send an e-mail to trouevandiejaar@mooitroues.co.za


Diensverskaffers:

  • Blomme: N Concepts and designs
  • Bruidegom-pak: Mr suit hire
  • Dekor: N Concepts and designs
  • Fotograaf: Riaan West
  • Gaste Geskenke: Winston & Julia
  • Grimering: Lisa Brown
  • Hare: Lisa Brown
  • Huurdienste: N Concepts and designs
  • Huweliksbevestiger: Ds Gert Olivier
  • Juweliersware: Persoonlike en Truworths
  • Trouring: American swiss
  • Troukoek: Blush bakery
  • Koördineerder: Margo Kritzinger
  • Musiek: Cape DJ’s
  • Platejoggie: Jaques
  • Skoene: Truworths
  • Skryfbehoeftes: Troues in die wynland
  • Strooimeisie-rokke: Krissie’s Fashion
  • Trourok: Amelia Bruide
  • Venue: Neo venue
  • Paartjie se verblyf: Mont Video &
  • Vermaak: Jesse Gray
  • Vervoer: Vriend se Mercedes benz
  • Huwelik kontrak: Eugene Schoeman prokureurs