Theuns & Kirsti Duvenhage

STORIE:


Ons het ingeskryf vir troue van die jaar omdat ons (en seker elke ander paartjie wat inskryf) werklik glo ons troue was DIE troue van die jaar 😉

Ons het Oktober 2018 verloof geraak, my ouers sowel as Theuns se ouers is in April getroud, so ons het dit goed gedink om ook in April te trou, dit is tog die mooiste tyd van die jaar met skraal kanse vir reën (as jy ‘n buitelig troue wil hê).

Ons was oppad terug Witbank toe (ons tuisdorp) na die naweek wat ons verloof geraak het by Badplaas.  Tussen niks en nêrens buite die klein verlate dorpie van Carolina, sien ons ‘n bordjie “Acorn Guest Farm” soos een mens se ons gelyk “kom ons trou daar!”

Die Maandag het ek gebel, daar is een datum in April oop, die 20ste, as ons voor Woensdag boek kan ons 25% af kry op ‘n promosie wat hulle gehardloop het. Ek het vir Theuns gebel, hy se vir my ek moet die deposito betaal!  Eers 2 weke na die deposito betaal is, kon ons (uiteindelik) vir die eerste keer na die venue gaan kyk. Dit was alles wat ons verwag het en nog meer.

Alles het in plek geval (nie altyd soos ons beplan het nie, maar vir die beste).  Ons troue was intiem, elke persoon wat daar was speel ‘n groot rol in ons lewens en het bygedra, soos byvoorbeeld ons troukoek wat ons geskenk gekry het by ‘n vriendin.

Woorde kan nie beskryf hoe mens voel op daardie dag nie, maar niks is beter as om te sien hoe alles in plek val vir jou en jou geliefde nie.

Die volgende oggend voor ons vroeg-vroeg op pad is na ons wittebrood het ek net gou ‘n draai gaan maak by my ouers, my pa se toe “Mag julle huwelik so mooi wees soos julle troudag” en ons kan met alle eerlikheid se, as ons huwelik so mooi gaan wees soos ons troudag, het ons so baie om na uit te sien.

Theuns en Kirsti Duvenhage

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


( R 1 = 1 stem/vote )

Tik die regte bedrag in.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Type in the correct amount.  No refunds will be done.


Vir EFT betalings gebruik die onderste kode as jou verwysing:
For EFT payments use the below code as your reference: 


TVJ190187


EFT STEM OPSIES /  EFT VOTE OPTIONS:

R 50 = 50 stemme/votes
R 100 = 100 stemme/votes
R 250 = 250 stemme/votes
R 500 = 500 stemme/votes
R 1 000 = 1 000 stemme/votes

Vir EFT betalings moet jy ‘n mimum van R 50 spandeer.

BANK BESONDERHEDE:

Rekening Houer:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Rekening Tipe:  Tjek Rekening
Rekening Nommer:  62528022792
Tak:  Sea-Point
Takkode:  250-655

Gebruik die korrekte verwysing nommer soos bo.  Indien jy nie die boonste verwysings nommer gebruik nie sal die paartjie nie hul stemme ontvang nie.
Geen terugbetalings sal gedoen word nie. 

For EFT payments you should spend a minimum of R 50.

BANKING DETAILS:

Account Holder:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Account Type:  Cheque Account
Account Number:  62528022792
Branch:  Sea-Point
Branch Code:  250-655

Make sure you use the correct reference number as above.  If you do not use the above reference number the couple will not receive their votes.
No refunds will be done.

 


Vir hulp stuur ‘n e-pos na trouevandiejaar@mooitroues.co.za
For assistance, please send an e-mail to trouevandiejaar@mooitroues.co.za


Diensverskaffers:

  • Fotograaf: Donovan Roets Photography
  • Venue: Acorn Guest Farm
  • Caterers: Toast Fine Food
  • Blomme: Surain’s Flower Design
  • Trourok: Needful Things Bridal
  • Trouskoene: One Fine Beginnings
  • Grimering: Make-Up by Faye
  • Dekor: Self gedoen