Wynand & Marli Jacobs

STORIE:


Op die 24 Augustus 2019 het ek en my man Wynand ons lewens aan mekaar beloof. Ons troudag was klein en intiem maar vol van vreugde en liefde.
Ek het vroeg die oggend in my bed, in my ouer huis opgestaan met sussies, skoonsussies en niggies se giggle en blydskap. Ek het ook my broer uit Australië hier gehaat so dit was regtig n besonderse oggend. In haas het ons die kar gepak en ons was laat, maar darem op pad. 😉

Ek het myself beloof ek gaan vandag geniet en glad nie bekommer oor niks nie en ek glo regtig dat dit die beste raad vir enige bruid is.

My make up was die perfekste kleur, pinkerige rooi eye shadow met silke groot wow laches, my vel het so flawless gelyk en my hare gekrul en vasgesteek soos ek dit nog nooit self kon kry nie. En my blomme. Die perfekte blare met rooierigheid en die grootste en mooiste protea daarby.

Toe is dit tyd vir my rok. GENADE, daar is nie woorde nie. Net wow. Presies soos ek hom wou hê. Sy randjie het mooi sterk detail, spierwit kant wat saggies verdwyn soos jou oe weg raak in die sjampanje kleur van my rok tot by my middel en dan begin die kant weer terug kom. Hy vorm n V agter by me rug en die kant loop oor om my skouers tot voor. Die detail is perfek uitgewerk om almal se oe net op jou te hou.

Die kapel is n ou-perde stal met groot oop vensters. Jy raak sommer deel van die woud as jy uitkyk. Daar is klomp hout bankies op die kaal vloer van die kerkie. In die gangetjie af is eukaliptus met die mooiste glas en staal lanterns met kersies in en bo jou hang liggies.

Die son het deer die blare begin skyn en geflikker soos diamante wat uit die lig val. As jy stil staan en jou oe toe maak hoor jy “sssssh-ssssh” van die wind wat tussen die blare en take waai. Die stukkie perfeksie van God se handewerk wat in hierdie woud ingegaan het is maar perfek. Dit is stil en kalm, die bome strek na die hemele en die vloer is bedek met blare en blomme van allerhande soorte. In die verte hoor jy n perd runnik en huppel en hier en daar is n ander diertjie besig.

Die perfekte mooi lang hout tafels is bedek met eukaliptus takke. Daar is hout kratte in die middel gevul met allerhande vet plante asook mooi donker rooi blommetjies & gevoude, daarby. Hier-en-daar lê n wit rosie met n liggie in. Die tafels is benoem, een, twee, drie, in n mooi sagte skrif & geplak op blokkies deurskynende Perspex wat regop staan. Die borde, messe en vurke alles roos of goud. Met n spier-wit servet en alles saamgevat met n blinkende koevertjie met pitjies in sodat jy ons liefde kan plant by die huis. Op die punte is lang yster en glas lanterns met groot kerse daarin. Die tafels staan net n entjie uitmekaar op die vloer van hierdie mooi woud. En waar jy ookal kyk is daar liggies tussen die takke wat soos feetjies was wat heel aand bo ons geskitter & dans het.

Ons het die perfekste dag gehaat sonder enige wind of onweer. Met die mooiste detail en die ideale venue tussen hoe bome. Alles perfek afgerond met ons gunsteling 80’s rock and roll musiek vanaf Kiss tot Micheal Jackson. Ons het self ons troukoek gebak, een van my en Wynie se gunsteling wortel koek resepte met roomkaas versiersuiker self versier en voorgesit met n woestyn roos uit my skoonma se tuin. Ons het baie lekker partytjie gehou. Ons het n ongelooflike DJ gehaat wat ons nie n sekonde van die dansvloer af kon hou nie behalwe toe ons Photobooth oop was het almal tou gestaan om n paar lawwe fotos te neem.

Hierdie mooie dag was afgeneem deur n ongelooflike talentvolle fotograaf wat ons persoonlikheid en die styl van ons troue perfek kon laat weerspieël in ons fotos.

Hierdie was definitief ons PERFEKSTE dag ooit.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


( R 1 = 1 stem/vote )

Tik die regte bedrag in.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Type in the correct amount.  No refunds will be done.


Vir EFT betalings gebruik die onderste kode as jou verwysing:
For EFT payments use the below code as your reference: 


TVJ190137


EFT STEM OPSIES /  EFT VOTE OPTIONS:

R 50 = 50 stemme/votes
R 100 = 100 stemme/votes
R 250 = 250 stemme/votes
R 500 = 500 stemme/votes
R 1 000 = 1 000 stemme/votes

Vir EFT betalings moet jy ‘n mimum van R 50 spandeer.

BANK BESONDERHEDE:

Rekening Houer:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Rekening Tipe:  Tjek Rekening
Rekening Nommer:  62528022792
Tak:  Sea-Point
Takkode:  250-655

Gebruik die korrekte verwysing nommer soos bo.  Indien jy nie die boonste verwysings nommer gebruik nie sal die paartjie nie hul stemme ontvang nie.
Geen terugbetalings sal gedoen word nie. 

For EFT payments you should spend a minimum of R 50.

BANKING DETAILS:

Account Holder:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Account Type:  Cheque Account
Account Number:  62528022792
Branch:  Sea-Point
Branch Code:  250-655

Make sure you use the correct reference number as above.  If you do not use the above reference number the couple will not receive their votes.
No refunds will be done.

 


Vir hulp stuur ‘n e-pos na trouevandiejaar@mooitroues.co.za
For assistance, please send an e-mail to trouevandiejaar@mooitroues.co.za


Diensverskaffers:

  • Blomme: Stay make up & Beauty
  • Bruidegom-pak: Mimie
  • Dekor: Proiecta
  • Fotograaf: Poembox creative Studio
  • Gaste Geskenke: Proiecta
  • Grimering: Stay make up and Beauty
  • Hare: Stay make up and Beauty
  • Huurdienste: Geen
  • Huweliksbevestiger: Ps. Fanie van der Walt
  • Juweliersware: Geleen
  • Trouring: Jeane Jewelers & Unbreakable Man
  • Troukoek: Tuisgebak
  • Koördineerder: Self
  • Musiek: Prelude Entertainment
  • Platejoggie: Dj TTT
  • Skoene: Blu Betty
  • Skryfbehoeftes: Proiecta
  • Strooimeisie-rokke: Mimie
  • Tente: Geen
  • Trourok: Mimie
  • Venue: God’s Gift Stables
  • Paartjie se verblyf: Farm Inn
  • Vermaak: Photoboo-thing
  • Vervoer: My man se polo haha
  • Videograaf: Liesl Kotze
  • Huwelik kontrak: VZLR Prokureurs
  • Wittebrood plek: Mabelingwe