GEREELDE VRAE

Hoe skryf ek my troue in vir Troue van die Jaar 2019?

Klik hier om jou troue in te skryf

Wie kan inskryf vir Troue van die Jaar 2019?

Enige iemand wat getrou het tussen 1 Januarie 2019 en 31 Desember 2019 is welkom om hul troue in te skryf.

Wat het ek nodig om my troue in te skryf vir Troue van die Jaar 2019?

Stap 1:  Jy moet ons inskrywing vorm aanlyn invul. Klik hier om jou troue in te skryf.
Stap 2:  Ons sal dan foto’s van jou troue benodig en ook ‘n lys van jou diensverskaffers indien moontlik. (Jou diensverskaffers sal gratis advertensie spasie wen op Mooi Troues)

Hoe kan ons vriende vir ons troue stem?

Die stem proses maak 7 Maart 2020 oop.  Dit is om almal ‘n gelyke kans te gee om te stem.
Wil jy ‘n e-pos ontvang as die stemme oop maak?  Klik hier.

Hoe sal die stem proses werk?

Jy sal op die paartjie se profiel in gaan waar jy in Maart 2020 ‘n SnapScan kode sal sien wat jy moet skandeer.  Dit sal R 1 per stem kos. 

Wat is die terme en bepalings van die kompetisie?

Klik hier om die kompetisie terme en bepalings te lees.  

Ek het nie ‘n professionele fotograaf gehad nie, kan ek nogsteeds inskryf?

Ja, almal is welkom om in te skryf.  Ons gaan foto’s benodig om op jou profiel te laai so jy sal enige ander foto’s van jou troudag vir ons moet stuur.

Hoe sal die wenner bepaal word?

  • Dit gaan oor die aantal stemme wat jy kry. 
  • Hoe meer mense vir julle troue stem, hoe beter is julle kans.
  • As jy dit maak tot in die top 10 is jy baie gelukkig.
  • Ons top 10 sal ‘n e-pos ontvang twee weke voordat die kompetisie sluit.  
  • Die top 3 met die meeste stemme deur die SnapScan-stemme sal die wenners bepaal.