2019 Troue van die Jaar Kompetisie

PRYS

Amazing Holidays borg ‘n sewe nagte wegbreek na Pezula Resort Hotel & Spa in die pragtige Knysna.  Dit is vir vier gaste en werd R 45 000.  Hierdie luukse hotel en oord is perfek vir ‘n tweede wittebrood of ‘n romantiese wegbreek.  Pezula Resort Hotel & Spa in Knysna  is wêreld bekend vir sy asemrowende, bekroonde 18-putjie gholfbaan en is enige gholf fanatikus se droom om daar te kan speel.

Pezula Spa & Gym is ‘n kalm heiligdom wat die hart van Afrika weerspieël in die natuurlike elemente en teksture van sy pragtige dekor. Hulle uitstekende fasiliteite sluit in ‘n gimnasium, ‘n 12 meter binnenshuise swembad, sauna, stoomkamer, reënwoud-stort, rasul-kamer, sap-kroeg, nael- en haarsalon, medi-spa, kleedkamers vir dames en here, en ontspannings lokale na behandeling.

Terme en Bepalings

  1. Mooi Troues se standaard kompetisie terme en bepalings geld.  Klik hier om dit te lees
  2. Onderhewig aan beskikbaarheid.
  3. Die prys bestaan uit akkommodasie vir sewe nagte, vir vier gaste, slegs vir die kamer. 
  4. Vlugte en vervoer kostes is vir die wenner se eie rekening. 
  5. Uitsluitings-periodes kan van toepassing wees.
  6. Alle ekstra’s is vir die wenner se eie rekening. 
  7. Die wenner gee toestemming dat hul name en foto’s vir die Singer Groep se bemarking doeleindes mag gebruik word.