2019 Troue van die Jaar Kompetisie

Die Prys

Een van die gelukkige prys wenners van ons Troue van die Jaar 2019 kompetisie sal ‘n twee nagte verblyf wen na die luukse St James Homestead.   Die prys sluit in akkommodasie vir twee in ‘n Superior suite.  Volle ontbyt elke oggend.  Alle alkoholiese en ander drankies.  Dit sluit ook in alle drankies in die mini yskas in die kamer asook peuselhappies.  Jou wasgoed sal ook gratis gedoen word gedurende jou verblyf. Jy het ‘n persoonlike concierge diens tot jou beskikking.  Dit sluit ook gratis parkering in op die perseel.

Terme en Bepalings

  1. Mooi Troues se standaard kompetisie terme en bepalings geld.  Klik hier om dit te lees
  2. Uitgesluit by die prys van Rovos Rail St.James Guest House:
    1. Middagetes en Aandetes
    2. Chauffeur-ritte en toer-dienste
    3. Telefoon oproepe in die kamer
    4. Spesiale sjef dienste
    5. Diensfooie vir personeel van die gastehuis
  3. Onderhewig aan beskikbaarheid.
  4. Vlugte en vervoer kostes is vir die wenner se eie rekening. 
  5. Uitsluitings-periodes kan van toepassing wees.
  6. Alle ekstra’s is vir die wenner se eie rekening. 
  7. Die prys is geldig vanaf 1 Oktober 2020 tot 30 September 2021 met ‘n waarde van R 10 300.